Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kind wat stom is ná pa se dood, met ma herenig

Die sewejarige meisie wat stom gelaat is nadat haar pa Vrydag voor haar oë in ’n motorongeluk dood is, is met haar ma herenig.

Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het Maandag bevestig die meisie is by haar ma.

Die kind en haar pa was omstreeks 22:00 in ’n ongeluk op die N1 in die Kraaifontein-gebied toe hulle deur ’n ander voertuig getref is, het die polisie in ’n verklaring gesê.

“Die pa is noodlottig beseer en sy dogtertjie is tans nie in staat om te praat nie,” sê Rwexana.

Die polisie het Saterdag die publiek se hulp gevra om die kind se familie op te spoor en haar ma het haar Saterdag as vermis by die Kraaifontein-polisiekantoor aangemeld. Die twee sake is toe met mekaar verbind.

“Hulle het besef die meisie is die een wat in die ongeluk betrokke was en in die hospitaal opgeneem is.”

Meer oor:  Familie  |  Ongeluk  |  Meisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.