Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kinderlykies ná vloed gevind, ma nog vermis
Water het Woensdag nog in Z.K. Matthews-straat in Berea, Durban, gestaan, nadat ’n hewige storm Dinsdag oor KwaZulu-Natal beweeg het. Foto: Deaan Vivier

Die lyke van twee jong kinders is Donderdagmiddag in Isipingo, suid van Durban, gevind.

Die 18 maande oue Hope Maphumulo en haar driejarige sussie, Noleazi, se lyke is naby die Isipingo-kanaal gevind. Hulle is vermoedelik saam met hul ma deur vloedwater meegesleur.

Polisieduikers van Durban en die honde-eenheid van Port Shepstone het op hulle afgekom, sê lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die dogtertjies en hul 27-jarige ma het vermis geraak ten tyde van die vloede wat deur die reusestorm veroorsaak is wat Dinsdag in KwaZulu-Natal gewoed het.

Die ma word nog vermis.

“Lede van die Isipingo-polisiekantoor is op die toneel,” sê Zwane.

Die dodetal van die storm staan nou op minstens 13 en talle mense word nog vermis.

’n Agtjarige kind is deur weerlig getref en ’n 46-jarige man het verdrink toe hy ’n rivier wou oorsteek.

In die eThekwini-metro is ’n munisipale werker dood toe ’n openbare toiletgebou inmekaargestort het.

’n Polisiebeampte is dood toe ’n vraghouer op sy motor geval het, ’n kind is by die Sewula Primary School in KwaMakhutha dood en twee mense is in die Prins Mshiyeni-gedenkhospitaal in Umlazi dood toe ’n muur van die hospitaal op hulle geval het. ’n Man wat ten tyde van die vloede in sy motor vasgekeer is, is ook dood.

Verskeie mense het beserings opgedoen en van hulle is in ’n ernstige toestand en word by verskeie gesondheidsgeriewe behandel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.