Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kinders se noodnommer buite werking

Die noodnommer 080 055 5555 wat die Gautengse onderwysdepartement spesifiek geskep het vir kinders wat seksueel misbruik word, is buite werking nog voordat dit gebruik is.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het die nommer Dinsdag in Johannesburg in ’n vraag-en-antwoord-sessie van die provinsiale raad aangekondig.

Steve Mabona, woordvoerder, wou nie kommentaar lewer oor hoekom die nommer buite werking is nie.

Hy het ’n mediaverklaring gestuur wat handel oor die onderwysdepartement se jaaroorsig, onder meer die matriekeindeksamen, aanlyn inskrywings vir 2020 en die begroting. Hy sê dié mediaverklaring is sy amptelike kommentaar.

Adv. Anton Alberts, nasionale voorsitter van die Vryheidsfront Plus, sê die gesprek oor die nommer is ontlok nadat hy aan Lesufi gevra het hoe die departement leerlinge teen seksuele misbruik beskerm.

’n Mens sou verwag dat die departement self hul nommer eers sou toets voordat dit bekend gestel word.

Dié kwessie is in die vraag-en-antwoordsessie opgehaal toe dit aan die lig gekom het dat daar in die afgelope vyf jaar 192 voorvalle van seksuele aanranding deur onderwysers op leerlinge in Gauteng was.

Alberts sê dit is bemoedigend dat onderwysers wat reeds aan wangedrag teenoor leerlinge skuldig bevind is, op ’n swartlys geplaas word en nie hul loopbaan as onderwyser kan voortsit nie.

Alberts het die nommer onmiddellik ná die sitting gebel en dit was buite werking.

“Dit is onaanvaarbaar dat ’n telefoonnommer met die doel om kinders te help, nie in werking is nie, maar dit word as ’n oplossing vir die probleem rondom die seksuele misbruik van leerlinge in die wetgewer aangebied. ’n Mens sou verwag dat die departement self hul nommer eers sou toets voordat dit bekend gestel word,” sê Alberts.

Hy sê dit is dié soort onverskilligheid van die Gautengse onderwysdepartement wat leerlinge moedeloos maak omdat daar geen uitkoms is waar dringend hulp nodig is nie.

“Die Vryheidsfront Plus sal druk op die departement plaas om die probleem spoedig op te los,” sê Alberts.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Steve Mabona  |  Johannesburg  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.