Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kinnear-moordverdagte se ma in 2018 in plaasaanval dood

Die ma van die oudrugbyspeler wat Vrydag in Bishop Lavis in verband met die moord op ’n topspeurder van die Wes-Kaap verskyn het, is meer as twee jaar gelede in ’n plaasaanval doodgeskiet.

Zane Kilian (39), wat as stut vir die Valke, Griekwas, Kings en die Suid-Afrikaanse Barbarians uitgedraf het, het Vrydagoggend in verband met die moord op lt.kol. Charl Kinnear (52) verskyn.

Kilian se ma, Heila Kilian (63), wat bekend gestaan het as Lovey, is in April 2018 op ’n plaas sowat 2 km buite Stilbaai vermoor.

Heila Kilian

Vyf gewapende mans het haar en haar suster, Brenda Thomas, aangeval terwyl hulle vleis gebraai het saam met haar suster, swaer en 'n vriend van hulle.

Die aanvallers was geklee in oranje oorpakke en het klapmusse gedra. Kilian se ma is op die toneel dood en die twee mans is vasgebind. Brenda, by wie sy gekuier het, kon vlug en hulp ontbied.

Die aanvallers het die huis geplunder en in een van die voertuie gevlug. Hulle is later in hegtenis geneem.

Zane Kilian

Die saak teen die vermeende moordenaars duur nog voort.

Heila is uit die AGS-gemeente Lofoord in Strubenvale, Springs, begrawe.

Meer oor:  Heila Kilian  |  Zane Kilian  |  Kinnear-Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.