Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kitskos-konings skud hul vetjies af

Toe hy die skaal op 149 kg laat kreun, het die sanger Gerhard Steyn ’n tong-in-die-kies-rympie reg gehad om sy swaarste self mee te verdedig teen enig­iemand wat iets daaroor te sê het.

Gerhard Steyn toe...
En nou: Die ligter Gerhard bult sy spiere in ’n badkamerselfie. Foto: Instagram

“Jis, Gerhard, maar jy het gewig opgetel!” sou die kommentaar wees. Dan antwoord hy: “Ja-nee, die lekker lewe!”

Of as ’n pêl sê hy “raak nou lekker dik”, dan skerts hy: “Jy moet check hoe dik is my beursie.”

Steyn, wat sedertdien 13 kg vet verloor en 14 kg spiermassa opgetel het, sê: “Jy weet, ’n ou het altyd ’n comeback vir al die goedjies en jy lag maar, maar later voel jy jy móét begin plan maak. Ek moet verandering in my lewe inbring en ek moet begin. Dis die groot ding: Om te begin!”

Dit was makliker gesê as gedaan, want om elke hoek en draai het hy en sy mede-aanbieder, Alvin Bruinders, in die versoeking gekom met die Via-program Konings van kitskos. Elke dag het hulle twee restaurante in die noorde besoek, vier maaltye per restaurant geproe – agt maaltye per dag of episode.

“Dis jou werk, so, jy kan nie terughou nie. Jy moet smul, lekker eet en dit geniet!

“Ek dink ek was in elk geval nie op my beste plek toe ek begin het met die eerste Konings-reeks nie, maar ek was nie 149 kg nie. Maar Konings van kitskos het . . . en ek wil nie die program slegsê nie, want ons love die program! Maar dit wat saam met die show gekom het, het ’n ou oor die barrier gedruk waar jy nie eintlik wil gaan met jou gewig nie.”

Alvin Bruinders toe en nou.

Alvin, wat toe ook 151 kg geweeg het, moes Gerhard eers ’n bietjie moed inpraat voordat hy ingestem het om deel te neem aan nóg ’n VIA-program, Skud dit af. Die akteur-en-sanger-duo doen baie dinge saam, nie net voor die kamera nie, maar ook agter die skerms met die bemarkingshuis Konings Media wat hulle bedryf.

“Dit was eintlik vir my ’n no-brainer om te sê: Weet jy wat, kom ons doen dit. Ek het gesê kom ons sit die monkey on the table. Jy wil nie hê mense moet dit dink nie, maar mense dink dit al klaar – hierdie twee ouens sal nou moet begin plan maak. So, ons moet maar net doen wat hulle al klaar dink!”

Tot sy verbasing het die ligter Gerhard saans meer energie gehad vir sy dogters. “Ek speel met hulle, kruip rond, het hulle op my nek en dít terwyl ek in die verlede poegaai was! My hart het te hard gewerk. Hy het te veel verkeerde gewig gehad om rond te dra.”

Alvin het 24 kg verloor en weeg nou 128 kg. Hy skerts dis ’n duur affêre om ’n hele nuwe hangkas vol klere te kry.

“Daar’s meer energie en jy voel goed. Waar ook al jy werk insit, die resultate gaan wys. Ek is dankbaar vir die resultate, maar dis nie die einde nie.”

Alvin en sy vrou, Anrika, oefen nou vier dae per week in die gimnasium.

Hy het ook ’n afrigter om hom met sy nuwe doelwit te help om nog 25 kilo’s te verloor en om spiere te bou.

“Ek het vir myself gesê ek gaan dit maak werk. Dit hou die motivering daar,” sê Alvin.

Meer oor:  Gerhard Steyn  |  Alvin Bruinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.