Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klag teen man wat lewende rotte aan die brand steek

WAARSKUWING: Die foto’s en video onderaan hierdie berig kan sommige lesers ontstel.

Die diereregtegroep Animal Anti-Cruelty League (AACL) is op die spoor van ’n man wat lewende knaagdiere aan die brand gesteek het en ’n video daarvan op sosiale media versprei.

Volgens Beverly Rademeyer, inspekteur van die AACL, het hulle vertroulik verneem dié video se oorsprong is in Port Elizabeth.

Sy sê die man werk glo in die stad.

Volgens haar is hulle nog onseker of die diere wat gemartel word, muise of rotte is.

Arnold Slabbert van die stedelike kleinwildbewaringsgroep het by navraag gesê hoewel die gehalte van die video swak is, lyk dit soos dakrotte.

In dié video, wat vinnig op Facebook versprei, kan gesien word hoe die diere lewend op ’n plank aan die brand gesteek word, terwyl ’n mens kan hoor hoe mense in die agtergrond giggel.

Na verneem word het die persoon die rotte gevang, hulle met gom aan die plank vasgeplak en dan een vir een met ’n aansteker doodgebrand.

In ’n stadium in die video word die kamera naby aan een van die verskroeide rotte gebring en kan piepgeluide van die rotte duidelik gehoor word.

Uit die aard van die kommentaar wat in die agtergrond van die video gehoor kan word, is dié martelsessie skynbaar uit wraak nadat die diere brood en ander kruideniersware in ’n kas geëet het.

“Ons hou nie die brood in die kas om deur julle geëet te word nie,” word in die video gehoor.

Die persoon speel dan ook regter en roep “volgende” uit, en die volgende rot word aan die brand gesteek.

Die persoon in die agtergrond, wat vermoedelik die diere aan die brand steek, sê die tyd vir die oordeel het aangebreek en die diere moet nou jammer wees.

“Jy moet spyt wees. Ons koop nie kruideniersware vir rotte nie. Sê jammer!”

Rademeyer het Dinsdag haar skok oor die video uitgespreek en sê die beeldmateriaal gee haar ’n naar gevoel.

“Ons sien elke dag mishandeling, maar soms kom daar tye soos dié wat mishandeling na ’n heel nuwe vlak neem. Die diere het nog geleef!

“Dieremishandeling, of dit ’n hond, olifant, rot of muis is, sal nie geduld word nie.”

Rademeyer sê ’n klag sal nog voor die einde van die dag by die polisie ingedien word ingevolge die Dierebeskermingswet.

WAARSKUWING: 

WAARSKUWING: Hierdie foto’s en video kan sommige lesers ontstel.

’n Skermgreep uit die video kort voordat een van die rotte met ’n aansteker gebrand word.
Nóg ’n skermgreep van die rot wat sekondes later met ’n aansteker se vlam gebrand word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.