Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klag teen Mashaba in Alexandra ingedien

Die #AlexTotalShutdown-beweging sê niemand is bo die wet verhewe nie, ook nie Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, nie.

Ontevrede inwoners van Alexandra het Woensdag betoog teen swak dienslewering. Foto: Felix Dlangamandla

Dié beweging het Woensdag ’n klag van minagting van die hof teen Mashaba by die Alexandra-polisiekantoor aanhangig gemaak. Dit volg nadat hy beloof het om afgebreekte strukture reg langs die Jukskeirivier te herbou.

Die Rooimiere het in Mei sowat 80 onwettige strukture afgebreek. Volgens Mashaba was hy nie vooraf oor die Rooimiere se optrede ingelig nie en moet die strukture herbou word.

Bobby Solomons, woordvoerder van die #AlexTotalShutdown-beweging, sê Mashaba en die Johannesburg-metro het ’n hofbevel van 2006 oortree.

Dié hofbevel dui onder meer aan dat geen strukture opgerig of grond hier beset mag word nie.

“Behuising is ’n noodsaaklikheid en ons is glad nie daarteen nie. Ons wil net graag hê die proses moet regverdig gedoen word. As jy nie ’n inwoner is nie, of nie eens lank hier bly nie, is dit mos nie regverdig as jy ’n huis kry nie.

“Mense wat sedert 1996 op die behuisingswaglys is, wag steeds.

“Boonop is dit nie veilig langs die Jukskeirivier nie. Ons baklei nie oor grond nie, maar die metro kan die geld gebruik om beter en veiliger behuising beskikbaar te stel,” sê Solomons.

Dié beweging wat begin is uit protes teen swak dienslewering, misdaad en ’n tekort aan behuising in Alexandra het Woensdag weer die strate ingevaar en ’n griefskrif by die munisipale kantoor in Sandton oorhandig.

Thandiwe Mthombeni, ’n inwoner wat saam met die #AlexTotalShutdown-beweging na die munisipale kantoor in Sandton opgeruk het, het Donderdag aan Netwerk24 gesê nog niks het verander sedert die eerste betoging maande gelede nie.

Ons was bly oor die strukture wat afgebreek is, maar nou wil Mashaba die afgebreekte strukture herbou. Dit is onregverdig, want nou gaan buitelanders daarby baat vind.

“Die metro versuim om sy werk te doen. Rioolwater loop in die strate af, ons vullis word nie verwyder nie en die behuisingskrisis word al hoe erger.

“Ons was bly oor die strukture wat afgebreek is, maar nou wil Mashaba die afgebreekte strukture herbou. Dit is onregverdig, want nou gaan buitelanders daarby baat vind.”

Luyanda Mfeka, die burgemeester se woordvoerder, het Donderdag gesê die burgemeester wil nie kommentaar lewer oor die klag wat teen hom aanhangig gemaak is nie.

Mashaba het vroeër in ’n verklaring gesê die #AlexTotalShutdown-beweging se belange stem nie ooreen met die van ander inwoners van Alexandra nie en is ’n rookskerm vir “polities gedrewe optrede wat die korrupte belange dien van diegene wat die Alexandra hernuwingsprojek geplunder het”.

“Inwoners leef in haglike omstandighede en die veelpartyregering gaan hard werk om verandering in Alexandra teweeg te bring.”

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Alexandra  |  Johannesburg  |  Dienslewering  |  Klagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.