Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klag teen vrou in bloedtrek-video vir eers laat vaar

’n Aanklag van dronkbestuur is vir eers laat vaar teen die jong Gautengse vrou wat glo teëgestribbel het toe ’n bloedtoets van haar geneem is.

Dié 25-jarige vrou het Woensdag by die landdroshof in Randburg opgedaag, maar die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het voorlopig die klag van dronkbestuur teen haar teruggetrek sonder dat sy in die hof verskyn het.

’n Vrou, vermoedelik ’n verpleegster, leun oor om ’n bloedmonster by die gillende vrou te kry terwyl ’n verkeersbeampte haar teen die tafel vaspen. Foto: Facebook

Adv. Yusuf Baba sê die saak is voorlopig teruggetrek om die polisie kans te gee om hul ondersoek af te handel.

Lees ook: Ondersoek kom oor bloedtrekvideo, waar ook meer oor die regsaspek verduidelik word

Ian Allis, die vrou se regsverteenwoordiger, het buite die hof gesê sy kliënt se naam word vir eers nie bekend gemaak nie uit vrees dat sy verder geviktimiseer kan word.

Allis het gesê daar steek meer in dié saak en dat ’n klagte ingedien sal word by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod).

Allis sê sy kliënt sal haar volle samewerking met al die ondersoeke gee.

Hy sê die vrou se reg tot waardigheid is vertrap deur die JMPD-beampte wat haar vasgepen het terwyl ’n bloedmonster by haar geneem is. Dit is een van die redes hoekom sy kliënt verdere regstappe oorweeg.

’n Video van die voorval is Maandag op sosiale media versprei.

’n Skermgreep van die video waarin ’n vrou deur ’n verkeersbeampte neergepen is sodat ’n bloedmonster uit haar arm getrek kon word. Foto: Facebook

In die video word gehoor hoe die vrou gil terwyl sy deur ’n beampte vasgedruk word sodat ’n bloedmonster van haar geneem kan word.

Dié video is Vrydag by die Douglasdale-polisiekantoor in Johannesburg geneem.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het vroeër bevestig die vrou is aangekla van die bestuur van ’n motorvoertuig onder die invloed van alkohol. Sy het ’n nag in die polisieselle deurgebring en is later op borgtog van R500 vrygelaat.

Intussen is die Johannesburgse metroraad besig met ’n interne ondersoek na die voorval.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het ’n ondersoek aangevra nadat die video die ronde gedoen het.

Hy sê daar moet vasgestel word of ’n toepaslike vlak van dwang gebruik is.

Die Gautengse portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid het die ondersoek verwelkom.

Die komitee het Dinsdag sy kommer uitgespreek oor die beweerde gebruik van uitermatige geweld in die voorval.

“Die komitee doen ’n beroep op wetstoepassers om nie in die uitvoering van hul pligte inbreuk te maak op die regte van burgers nie omdat sekere optrede as ’n skending van menseregte beskou kan word,” het die komitee in ’n verklaring gesê.

Meer oor:  Jmpd  |  Hof  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.