Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klag van regsverydeling teen nuwe misdaadhoof

’n Week nadat lt.genl. Peter Jacobs as die nuwe nasionale misdaadintelligensiehoof aangestel is, het inligting oor ’n strafregtelike ondersoek teen hom uitgelek.

’n Klag is in Februarie vanjaar deur ’n polisielid, kapt. Nadine Brits, by die Goodwood-polisiekantoor ingedien.

Brits werk vir misdaadintelligensie in die Wes-Kaap en rapporteer aan genl.maj. Mzwandile Tiyo, Wes-Kaapse misdaadintelligensiehoof.

Lt.genl. Peter Jacobs, nasionale misdaadintelligensiehoof. Foto: Jan Gerber

Die klag is volgens bronne een van regsverydeling. Daar word beweer Jacobs het glo iewers in Februarie die Goodwood-gevangenis besoek en het dokumente wat hy daar gekry het, vernietig.

Die ondersoekbeampte in die saak is volgens bronne glo ’n kaptein verbonde aan die polisie se provinsiale speurtak. Daar word ook gesê dat die kaptein nie werklik die ondersoekbeampte is nie, maar dat die ondersoek glo gelei word deur ’n senior polisiebeampte in Gauteng.

Delekile Klaas, Wes-Kaapse hoof van die departement van korrektiewe dienste, het die ondersoek en beweringe teen Jacobs as fopnuus afgemaak. “Neem dit van wie dit kom, misdaadintelligensie in die Wes-Kaap, dis fopnuus.”

Klaas het ook gesê Jacobs was twee jaar laas, toe hy nog Wes-Kaapse hoof van misdaadintelligensie was, by die Goodwood-gevangenis.

Bheki Cele, minister van polisie, het op Vrydag 29 Maart aangekondig Jacobs is die nuwe nasionale hoof van misdaadintelligensie.

Jacobs se bevordering kom bykans twee jaar nadat hy en genl.maj. Jeremy Vearey uit hul poste van onder meer Wes-Kaapse hoof van misdaadintelligensie (Jacobs) en Wes-Kaapse speurhoof (Vearey) na die Wynberg-polisiegroepering en die Kaapstad-polisiegroepering verskuif is.

Intussen het brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, Sondag bevestig dat daar wel so ’n ondersoek is.

Tiyo is toe in Jacobs se plek aangestel en genl.maj. Patrick Mbotho in Vearey se plek. Mbotho is egter verlede jaar na Gauteng verplaas.

Die twee het hul verskuiwing in die arbeidshof beveg. Regter Hilary Rabkin-Naicker het verlede jaar beslis dat Jacobs en Vearey na hul ou poste moet terugkeer.

Die polisie het egter nooit aan die uitspraak gehoor gegee nie.

Die dag toe Jacobs se bevordering na nasionale hoof van misdaadintelligensie aangekondig is, is daar berig dat daar minstens vier interne ondersoeke teen hom aan die gang is en dat van die klagte teen hom deur Tiyo ingedien is.

Intussen het brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, Sondag bevestig dat daar wel so ’n ondersoek is. Hy kon egter nie sê wie ondersoek word nie. Naidoo het wel gesê dat die ondersoek nog nie afgehandel is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.