Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klein Megan steeds weg ná man met haar verdwyn

“Ek het nog nie my kind terug nie.”

Jolene de Lange (23) het Sondag steeds nie geweet waar haar babadogtertjie is wat Donderdag weggeraak het nie.

Die pamflet wat versprei word ná Megan se verdwyning Foto:

Klein Megan, toe net ses dae oud, is glo deur ’n man bekend aan die ma gevat.

Die 40-jarige man, vermoedelik die ma se vriend en moontlik die pa van die baba, het vroegoggend uit hul huis in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, met Megan en haar doekesak verdwyn.

De Lange het kort daarna ’n klag van ontvoering by die polisie ingedien, maar teen Sondag het sy “steeds bly bid vir ’n wonderwerk”.

“Ek het al sy besonderhede aan die polisie gegee. Ek glo hy is terug na sy vrou in Pretoria. Dit is nou al vier dae later en ek het nog niks van hom of my baba gehoor nie.

“Dit is vier dae wat ek en my kind nie kon bond nie. Gaan sy weet wie ek is as ek haar terugkry? Weet jy hoeveel dinge gaan deur my kop?” het sy gesê.

Die man se foon is sedert die voorval af en De Lange vermoed hy kruip weg.

Sy sê sy het nie weer ná Megan se verdwyning van hom gehoor nie.

Die man se broer het egter Sondag gesê De Lange praat nie die volle waarheid nie.

Ek kan hom nie my kêrel noem nie. Ek kan ook nie sê hy is Megan se biologiese pa nie, want ons het nie DNS-toetse gedoen nie.
Jolene de Lange (23).

“Die baba is veilig. My broer het haar gevat om veiligheidsredes. Ek weet nie waar hulle is nie, maar ek weet hy het voor die naweek reeds vir Jolene gekontak en gesê Megan is veilig,” sê die broer.

Volgens hom is sy broer in kontak met ’n prokureur oor hoe om die situasie reg te hanteer.

Die Empangeni-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, sê ook volgens hul inligting is klein Megan wel by die man wat vermoedelik haar pa is.

“Dit blyk dat hy intussen na sy prokureur gegaan het, maar nie hy of ’n prokureur het ons gekontak nie.

“Ons sukkel om die man in die hande te kry,” sê die polisie.

De Lange het vroeër vertel sy en die getroude man het ’n “aan-af-verhouding” gehad.

Hulle is albei van Pretoria, maar het net meer as ’n maand gelede saam besluit om na Richardsbaai te verhuis.

“Ek kan hom nie my kêrel noem nie. Ek kan ook nie sê hy is Megan se biologiese pa nie, want ons het nie DNS-toetse gedoen nie,” sê sy.

“Donderdagoggend het ek hom voel opstaan en gehoor hy vat vir Megan. Ek het gaan kyk. Hy het onder op die bank gesit en vir haar melk gegee.”

Sy is weer na die boonste verdieping toe een van haar ander kinders huil.

Dit was net ná 05:00 dat sy die man se voertuig hoor wegtrek het.

Die man het ook glo ’n briefie gelos waarin hy gesê het hy vat vir Megan.

Die baba het ’n pienk hempie en grys broekie aangehad.

* Die polisie sê as die man glo dat die kind in “gevaar” verkeer het, moet hy dadelik die polisie of die departement van maatskaplike ontwikkel kontak.

* Mense met inligting oor Megan word gevra om sers. Nzuza by 079 638 9547 te bel.

Meer oor:  Richardsbaai  |  Kwazulu-Natal  |  Baba  |  Man  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.