Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klein span vredemakers bedien stil-stil op Senekal
Daryl Hardy, die stigter van die beweging Dare to Love in Pretoria, bid hier by die lemmetjiesdraad op Senekal wat die EFF-lede van die boeregroepe teen plaasmoorde geskei het. Hulle het ook water aan EFF-lede uitgedeel.Foto: Cheréne Pienaar

Soos wat die gemoedere op Senekal opgevlam het, het ’n klein organisasie in liggrys T-hemde stil-stil in die stukkie niemandsland tussen die twee groepe help vrede maak.

Vroeër die oggend, toe die Afrikanergroep net buite die dorp was, sou jy tussen die dreunsang van die rooi berets “olé, olé, olé, olé Jesus, Jesus” hoor.

Dit was Daryl Hardy, die stigter van die beweging Dare to Love in Pretoria, en sy span wat verseker het dat duisende EFF-lede, wat niks van hul eie leierskap gekry het nie, kos en water het.

“Ons was nege vredemakers by die EFF- en by die boere se ingang, en toe aan die voorste linie,” sê Hardy.

Dié handvol vredemakers het plakkate met die woorde “God is liefde” in byna elke Afrika-taal aan die landdroshof se hekke vasgemaak. En saam met kerkgroepe het hulle twee dae voor die groot dag ’n altaar van gebed by die skouterrein gebou.

Hardy en sy span het 2 000 waterbottels, een ton kospakkies en 1 200 Bybels uitgedeel.

Hardy en sy span het 2 000 waterbottels, een ton kospakkies en 1 200 Bybels uitgedeel.

Minute voor die vurige konfrontasie, toe die EFF omgestap het om nader aan die Afrikaner-groep te kom, het Hardy se hand op ’n EFF-leier gerus om vir vrede te pleit. Daar was ’n warm glimlag op sy gesig toe hy ’n seën oor die mans uitspreek.

“Twee EFF-parlementslede en van ons vredemakers was in ’n nare konfrontasie betrokke. En toe, in die hitte van die bakleiery tussen 2 000-plus EFF-lede en 12 boere, het ’n klein swart meisie vir vrede saam met een van die Dare to love-lede gebid terwyl ‘Kill the Boer’ gesing word.”

Afrika het revolusie ná revolusie gehad, meen hy.

“Revolusies kom van die eie ek en om aanspraak te maak en net te wil hê. Maar Suid-Afrika benodig ’n kultuur van “dienolusie” (revolusie om te dien), wat groter is as dié wat dien.”

Hulle wil Suid-Afrika uitdaag om mekaar te dien. Dié beweging is in sy sesde jaar en bedien ook tronke, hospitale en die polisie.

Rassisme, sê hy, kom op selfhaat neer.

“Daar is soveel propaganda wat wil voorgee dat rassisme ’n eenrigtingstraat is. Maar dit is suiwer selfhaat, want dis gewortel in ’n weeskind-gees in ’n vaderlose samelewing. Rassisme is suiwer selfhaat. Wat jy spreek, ook as dit haat is, kom hier vanuit die hart uit,” sê hy met sy hand op sy bors.

“Dis ’n gees, maar die kuur is seunskap en die wete dat jy gelief is deur ’n Vader.”

Meer oor:  Senekal-Protes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.