Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kleinseun van bekende boer kritiek in hospitaal

’n Plaasseuntjie van Viljoenskroon, Johan Duminy (4), is met Guillain-Barré-sindroom in ’n kritieke toestand in die Netcare Sunninghill-hospitaal in Johannesburg opgeneem.

Johan Duminy (4) is ernstig siek in die hospitaal.

Johan is die kleinseun van Hansie Müller, ’n bekende boer van Viljoenskroon in die Vrystaat. Klein Johan se ouers, Pieter en Yolandi Duminy, boer saam met Müller.

Daar was in ’n stadium kommer dat Johan in kontak was met organofosfaat, ’n gifstof wat algemeen op plase gebruik word.

Johan se pa het Vrydag in ’n boodskap bevestig dat sy seun Guillain-Barré-sindroom het.

Duminy sê Johan se hande en voete het begin kromtrek en dat hy daarvoor stutte kry om permanente skade te voorkom. Hy dra ook spesiale stewels aan sy voete.

Duminy sê hulle het gevra dat Johan sy knipmes by hom in die bed mag hou.

Johan het die naweek begin siek word en is Sondag in Klerksdorp in die hospitaal opgeneem. Hy het al swakker geword en nie werklik op enige mediese behandeling reageer nie en was in hierdie stadium heeltemal verlam.

Dokters het Woensdag besluit om hom liefs na Johannesburg oor te plaas. Sy toestand het Donderdag verder verswak en hy is in die hoësorgeenheid van die hospitaal opgeneem.

Teen Vrydag het dit effens beter met hom begin gaan, sê Duminy.

Klein Johan se ouma, Annatjie Müller, het Vrydag gevra dat mense vir hom bid.

Annatjie, haar man, Hansie, en Johan se tweejarige boetie, Müller, was Vrydag op pad Johannesburg toe om saam met die ouerpaar by Johan te wees.

Johan Duminy (4) in die waakeenheid in die hospitaal in Johannesburg.
Pieter Duminy by sy seun, Johan (4), wat baie siek is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.