Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kliniek in Midvaal dalk doelbewus afgebrand

Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir infrastruktuurontwikkeling, het sy skok en afkeer uitgespreek nadat ’n kliniek in Sicelo, ’n informele woonbuurt in Midvaal, Sondagaand afgebrand het.

Jacob Mamabolo Foto: Argief

Mamabolo het in ’n verklaring gesê dit is moontlik die werk van misdadigers.

Hy het verneem die brand is gestig. Die polisie en die gemeenskap is nog nie seker wie daarvoor verantwoordelik is nie.

Mamabolo het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met die name van verdagtes omdat hulle die gemeenskap “beroof” het van ’n noodsaaklike bate.

“Hierdie is ’n agterlike en barbaarse daad wat die gemeenskap beroof het,” het Mamabolo gesê.

Hy het bygevoeg die regering het miljoene rande daaraan bestee om dienste na die mense te bring. Hierdie daad van vandalisme plaas die lewens van kwesbare mense nou op die spel.”

Deur die I Care We Care-veldtog probeer die regering om mense sover te kry om infrastruktuur na waarde te ag en dit as deel van die land se gedeelde kultuur te beskou, het hy gesê.

Dit is baie jammer dat daar nog mense in ons gemeenskappe is wat dienste soos klinieke minag en dit tot as verbrand.

“Dit is baie jammer dat daar nog mense in ons gemeenskappe is wat dienste soos klinieke minag en dit tot as verbrand,” het Mamabolo gesê.

Die veldtog (I Care We Care) is op 13 Julie verlede jaar in Bekkersdal begin om mense bewus te maak van die waarde van infrastruktuur soos klinieke, hospitale, skole en biblioteke.

Die Gautengse regering sal voortgaan om die waarde van infrastruktuur en dienste onder inwoners se aandag te bring, het Mamabolo gesê.

Midvaal het in ’n verklaring wat op Twitter geplaas is, gesê die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie.

“Niemand is tydens die voorval beseer nie.”

Die plaaslike owerheid het inwoners gevra om na klinieke in Pothsong, Meyerton, Randvaal en Kookrus te gaan.

Meer oor:  Midvaal  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.