Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klip deur ruit tref vrou teen kop tydens Plet-betoging
Haydee de Doncker Foto: Facebook/Haydee de Doncker

’n Vrou van Port Elizabeth in die Oos-Kaap is in die hoësorgeenheid van die Mediclinic George nadat ’n klip haar teen die kop getref het tydens verlede week se betogings op die N2 by Plettenbergbaai.

Haydee de Doncker (56) se dogter, Erin Burns, sê haar ouers was Woensdag van Gouritsmond buite Mosselbaai, waar hulle ’n verjaardagpartytjie bygewoon het, op pad terug huis toe.

Die voorval het tussen 12:00 en 14:00 gebeur.

Volgens Burns is die klip deur die venster aan die bestuurderskant gegooi. Haar pa het met sy arm gekeer. Haar ma is teen die kop getref. Haar ouers is onder polisiebegeleiding na ’n hospitaal in Plettenbergbaai geneem waarvandaan haar ma na die Mediclinic George oorgeplaas is.

“Die hele ding is so sinloos en so onnodig,” sê Burns.

Haar ma het ernstige kopbeserings opgedoen en is nog baie deurmekaar en gedisoriënteerd. Hulle weet nog nie wanneer sy uit die hoësorgeenheid gaan kom nie, maar die gesin hoop dat sy moontlik na ’n hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas sal kan word.

“Ons wag dat die swelling aan haar kop sak,” sê sy.

Die polisie het die voorval bevestig en 'n saak van poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die klip aan die passasierskant van die motor wat Haydee de Doncker teen die kop getref het. Foto: Facebook/Shane de Witt

Meer oor:  Onrus  |  Betogings  |  N2  |  Plettenbergbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.