Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klipgooiery by Worcester geïsoleerde voorval
Dié voertuig is glo tussen Worcester en Robertson met klippe gegooi. Foto: Facebook

Die klipgooiery Donderdagoggend tussen Worcester en Robertson was volgens die polisie ’n geïsoleerde voorval.

Maritza Cilliers het motoriste op Facebook gewaarsku dat mense langs die Robertson-pad by die Roodewal-woonstelle klippe na motors gooi. Volgens haar inskrywing het sy twee motors gesien waarvan die windskerm en venster aan die bestuurder se kant stukkend was.

Kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die omstandighede word ondersoek.

“Ons ondersoek ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging nadat ’n voertuig omstreeks 09:00 met klippe bestook is.

“Niemand is in hegtenis geneem nie. Ons lede is in die gebied, maar geen verdere voorvalle is aangemeld nie. Dit word as ’n alleenstaande voorval beskou.”

Meer oor:  Worcester  |  Robertson  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.