Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klipgooiery vermoed ná student in N2-ongeluk sterf
Danielle SassFoto: Facebook

’n Regstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland is Vrydagmiddag dood nadat sy in ’n ongeluk op die N2 betrokke was.

Danielle Sass, in haar finale jaar van studie, was na wat verneem word alleen in die voertuig toe die ongeluk Woensdagoggend naby die R300-afrit gebeur het.

Daar word vermoed dat haar voertuig met klippe bestook is en dat sy beheer daaroor verloor het. Haar motor het glo omgeslaan, maar die verkeersdepartement kon dit nie bevestig nie.

Daar word beweer dat haar skootrekenaar, selfoon en beursie op die toneel gesteel is.

Danielle se pa, Denzil, is ’n senior staatsaanklaer in Somerset-Wes en haar ma, Sonja, is ’n onderwyseres aan Gordon High School.

Danielle was sedert Woensdag aan asemhalingsmasjiene gekoppel en volgens ’n familievriend, Gerome Vermeulen. Sy is Vrydag omstreeks 18:30 oorlede.

Volgens ’n personeellid by Gordon High School, wat nie genoem wil word nie, is veral Danielle se kêrel, Jeandre Ford van Sir Lowry’s Pass, verpletter oor haar dood.

Talle mense het medelye op sosiale media uitgespreek. “Rus in vrede Danielle. Sy het gegaan om by God te wees. Bid asseblief vir haar familie,” skryf een persoon op Facebook.

Die familie het by monde van Vermeulen laat weet hulle sien nog nie kans om kommentaar te lewer nie.

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.