Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klippe vlieg in suide van Jhb oor grond

Klippe het gevlieg en paaie is vroeg Vrydagoggend versper in die omgewing van Lenasia-Suid en Ennerdale in die suide van Johannesburg, sê Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie.

Teen 10:00 was die situasie kalm.

Betogers het paaie in dié gebiede omstreeks 04:00 die oggend reeds met klippe en brandende bande versper.

Dit gaan oor grondgrypers en die wettige inwoners van die gebiede wat haaks met mekaar is.

Dié betogings kom nadat die JMPD vroeër vandeesweek begin het om onwettige strukture in Lenasia te verwyder.

Die Johannesburgse Metropolisie het Dinsdag opgetree teen onwettige grondbesetters in Lenasia in die suide van Johannesburg.Foto: Felix Dlangamandla

Netwerk24 het vroeër berig oor minstens 100 000 onwettige strukture wat soos paddastoele in Ennerdale,

Lenasia, Unaville, Lawley en Orange Farm opskiet.

Die K43-pad, die Goue-snelweg en Turmeric-straat was vir verkeer gesluit, maar is intussen weer oopgestel, sê Minnaar.

“Die inwoners en plakkers het klippe na mekaar gegooi, maar die situasie het intussen bedaar,” sê hy.

’n Betroubare bron op die toneel het vroeër gesê “dit lyk baie sleg”.

“Die inwoners staan op teen die plakkers,” het die bron gesê.

Lede van die JMPD is ontplooi om die situasie dop te hou.

Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het op Twitter gesê die betoging raak ook Zakariya Park, Protea Glen en Kliptown.

Gerugte dat iemand doodgeskiet is, kon nog nie bevestig word nie.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Ennerdale  |  Betoging  |  Grondgryp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.