Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Klopjag op oud-burgemeester se huis om R51 m. te kry

’n Klopjag is vroeg Donderdagoggend op Zandile Gumede, voormalige burgemeester van eThekwini in KwaZulu-Natal, se huis gedoen as deel van ’n hofbevel om sowat R230 miljoen se bates te bekom.

Zandile Gumede. Foto: Jabulani Langa

Natasha Ramkisson-Kara, provinsiale woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê ’n taakspan het op Gumede en verskeie ander mense se huise toegeslaan.

“Die klopjag hou verband met die klagte teen die voormalige burgemeester en beweerde bondgenote,” sê Ramkisson-Kara.

Gumede en van haar amptenare, sowel as ’n raadslid, het in Mei in ’n hof in Durban verskyn in verband met klagte van korrupsie en bedrog.

“Die batebeslagleggingseenheid in KwaZulu-Natal het verlede week ’n lasbrief bekom om op van die beskuldigde se bates van minstens R51 miljoen beslag te lê,” sê sy.

Sy sê van die bates sluit eiendom en luukse motors soos ’n Lamborghini, Porsche en Jaguar in.

Van die bates is ook in trusts versteek, terwyl van die bates in maatskappye en bankrekeninge is.

Ramkisson-Kara sê die hof het ’n kurator vir die goedere aangestel om die bates ter waarde van R230 571 760,96 op te spoor.

Die bates sal gehou word totdat die saak afgehandel is.

Die saak hervat op 15 Januarie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.