Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kobra en rooikat in dierehospitaal behandel
Dr. Stephen Smith hou die Kaapse kobra vas.Foto: Facebook

Personeel van die Tygerberg-dierehospitaal het gewys hulle het senuwees van staal toe hulle onlangs ’n slang en ’n rooikat moes behandel.

Die twee veeartse, dr. Stephen Smith en dr. Donna Brook, het die slang geopereer om ’n gewas te verwyder, en die rooikat is behandel vir ’n snywond. Die rookat en Kaapse kobra is in die dierehospitaal se Kenridge-tak behandel.

“Albei vaar goed en sterk aan in nabygeleë bewaringsentrums,” skryf die dierehospitaal op hul Facebook-blad.

Daarby het die hospitaal foto’s van die kobra geplaas terwyl die operasie gedoen word. Dit sluit ’n nabyfoto van die slang in waar sy swart oog gesien kan word.

“Dankie dat julle al God se skeppings help,” het een persoon op Facebook geskryf.

“Ek is so bly dat julle alle diere help, al is dit ook ’n slang. Sterkte met die wonderlike werk wat julle doen,” skryf iemand anders.

Dr. Donna Brook by die rooikat.Foto: Facebook
Die Kaapse kobraFoto: Facebook

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.