Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kobra in laai pik man by sy werk

’n Sakeman van Graaff-Reinet veg om sy lewe in ’n hospitaal in Port Elizabeth nadat hy Maandagmiddag deur ’n Kaapse kobra gepik is.

Die 63-jarige Johan (Gerrie) Germeshuizen is by sy werk deur die slang gepik. Die slang het hom aan sy vinger gepik toe hy niksvermoedend sy hand in die laai van sy lessenaar steek.

Gerrie Germeshuizen. Foto: Facebook

Germeshuizen is na die Midlands- provinsiale hospitaal in Graaff-Reinet gehaas voordat hy Dinsdag in die vroeë oggendure na die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas is en daarna na die Life Mercantile-hospitaal, ook in die Baai.

Awie van den Berg, ’n kollega van Germeshuizen, het Woensdag gesê hy is nog onder verdowing. Sy toestand is kritiek, maar stabiel.

Germeshuizen se suster, Delina Geater, sê haar broer is aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel.

Die Kaapse Kobra wat in Gerrie Germeshuizen se laai by die werk geskuil het.

Volgens Mark Marshall, ’n Oos-Kaapse slangkenner, is Kaapse kobras veral in die hoë somertemperature meer aktief. Hulle soek gewoonlik koelte en kan dan maklik in huise gaan skuiling soek.

“Die korrekte identifisering van ’n slang speel ’n deurslaggewende rol in die suksesvolle behandeling van ’n slangbytslagoffer,” het Marshall by ’n onlangse slangkursus en -demonstrasie in Graaff-Reinet gesê.

“ ’n Vinnige selfoonfoto van ’n slang kan mediese personeel in staat stel om dadelik die regte protokol te volg, wat die verskil tussen lewe en dood kan beteken.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.