Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kobus Wiese in Kaapse hospitaal ná hartaanval
Die Springbokheld Kobus Wiese het Dinsdag ’n hartaanval gehad en sterk nou in die hospitaal aan. Foto: Gallo Images

Kobus Wiese (56) sal 72 uur in die Mediclinic Panorama-hospitaal in Kaapstad gemonitor word nadat hy Dinsdagaand ’n hartaanval gehad het.

Die oud-Springbokslot was tuis saam met sy vrou, Belinda, toe hy ná ete begin sleg voel het, sê Wiese se jare lange vriend die oud-Springbok Toks van der Linde.

“Belinda het met hom hospitaal toe gejaag. Hulle het daar besef dit is ernstig en hom per ambulans na die Panorama-hospitaal geneem.”

Die hospitaal het ’n harteenheid.

Van der Linde sê Wiese het ’n prosedure ondergaan om ’n intravaskulêre stent in ’n vernoude aar in te plant, waarna hy nou 72 uur in die harteenheid gemonitor word.

“Ek het vanoggend met Kobus gepraat en hy’s oukei. Hy is ’n baie groot pel van my. Ons is al van 1995 af vriende.”

Van der Linde sê hy weet Wiese sal hierdeur kom.

“Hy is ’n sterk man.”

Wiese en Van der Linde het ook die program Oor die kole saam aangebied.

Toks van der LInde en Kobus Wiese in 2015. Foto: Twitter/Belinda Wiese

Meer oor:  Toks Van Der Linde  |  Kaapstad  |  Kobus Wiese  |  Hartaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.