Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Koeivel-onderbroek 'nie welkom' op Gautrein

’n Man wat kaal bolyf, met net ’n stukkie koeivel as onderbroek, geverfde skoene en ’n kierie in die hand op die Gautrein wou ry, is die deur gewys.

Thando Mahlangu (34), ’n kultuuraktivis, sê die treindiens diskrimineer teen hom.

“Ek het nes die ander passasiers vir my rit betaal, maar is met my terugkeer na Pretoria deur twee wagte voorgekeer.”

Thando Mahlangu (regs) geklee in ’n tradisionele Ndebele-uitrusting, nes die een wat hy aangehad het toe hy toegang tot die Gautrein geweier is. By hom is Skhumbuzo Masango. Foto: Verskaf

Die wagte het hom weggewys omdat hy “nie reg aangetrek is” om in die trein te klim nie.

“Ek het my rit van Pretoria tot by Parkstasie in Johannesburg geniet, maar toe ek weer Pretoria toe wou gaan vir ’n afspraak, is daar vir my gesê my kleredrag is onvanpas.”

Mahlangu, ’n trotse Ndebele-ambassadeur, sê hy is normaalweg in tradisionele kleredrag. “Ek is ’n voorstander van die reg op vryheid van uitdrukking en voel as ’n Suid-Afrikaner is ek veronreg en verneder.

“As ’n stem vir die Ndebele wil ek graag my kultuur en die taal bevorder sodat dit nie verlore gaan nie. Jy sou dink in ’n land met soveel verskillende tale en kulture sal ons mekaar aanvaar en ons kulture respekteer.

“Ek is diep teleurgestel in Gautrein.”

As ’n stem vir die Ndebele wil ek graag my kultuur en die taal bevorder sodat dit nie verlore gaan nie. Jy sou dink in ’n land met soveel verskillende tale en kulture sal ons mekaar aanvaar en ons kulture respekteer.
Thando Mahlangu (34), kultuuraktivis,

Die Suid-Afrikaanse Erfenisraad is ontevrede oor die voorval en sê in ’n verklaring Suid-Afrika is ’n demokratiese land wat trots is op sy Afrika-erfenis, en identiteit en om tradisionele kleredrag te dra, “is ’n aanduiding dat jy trots is op jou identiteit, kultuur, erfenis en tradisie”.

Die raad prys Mahlangu omdat hy sy kultuur en tradisies daagliks trots uitleef.

“Niemand moet ooit so verneder word nie, inteendeel, kom ons almal wees trots op ons erfenis,” sê adv. Sonwabile Mancotywa, uitvoerende hoof van die Erfenisraad.

Kesagee Nayager, woordvoerder van die Gautrein, vra om verskoning vir die manier waarop Mahlangu behandel is.

“Ons ondersteun diversiteit ten volle en om te diskrimineer teen iemand se kleredrag is onaanvaarbaar. Ons is van plan om werknemers verder op te lei om ander kulture en tradisies te respekteer,” sê Nayager.

Mahlangu het met regstappe begin teen die Gautrein.

Meer oor:  Gautrein  |  Geweer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.