Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Koeler, maar g’n kouefront vir noorde voorspel

Hoewel dit teen die naweek effens koeler gaan word in die noordelike dele van die land, is daar geen sprake van ’n kouefront nie.

Mbavhi Maliage, ’n voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê dit sal teen die naweek koeler word, maar teen Sondag gaan dit lekker warm wees.

Volgens Maliage kan die platorand van Mpumalanga Donderdag en die Limpopo-platorand Vrydag ligte reën verwag.

Geen reën word egter oor die naweek verwag nie.

Maliage sê temperature bo 30 °C word vir Mpumalanga, Limpopo, Gauteng, Noordwes en KwaZulu-Natal voorspel.

Teen Donderdag sal temperature tot die lae en middel 20’s daal.

Dit is die gevolg van ’n hoogdrukstelsel wat deur die ooste van die land beweeg en effens koeler weer in die noorde veroorsaak.

Die temperature sal teen Sondag verbeter en volgens Maliage sal dit tot in die hoë 20’s styg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.