Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Koerantafleweraar in Bfn op fiets doodgery

’n Jare lange koerantafleweraar van Volksblad is dood nadat ’n voertuig hom in Bloemfontein teen ’n hoë spoed op sy fiets getref het.

Louis van der Watt (68) van Noordhoek in die stad is Vrydag omstreeks 14:30 dood toe ’n Chevrolet Spark hom in Raymond Mhlaba-straat (voorheen Andries Pretoriusstraat) in ’n tref-en-trap-ongeluk doodgery het.

Louis van der WattFoto: Verskaf

Van der Watt se seun Adriaan (34), ook ’n Volksblad-koerantafleweraar, sê sy pa het volgens ooggetuies weens die slag deur die lug getrek en ’n entjie weg, naby die Bruwer-kwekery, te lande gekom.

Nooddienspersoneel het hom op die toneel behandel, maar hy is dood verklaar.

“Sy dood is ’n groot skok vir my. Dit was so onverwags en sonder waarskuwing.

“Ek is woedend, want hy was lief vir fietsry en het nie verdien om so te sterf nie.”

Adriaan sê sy pa was passievol oor sy werk. Hy het die afgelope 15 jaar elke oggend omstreeks 01:30 opgestaan sodat inwoners van Noordhoek, Waverley en Navalsig soggens hul koerant kon lees. Hy het Vrydagoggend nog koerante afgelewer.

Hy laat sy vrou, Willa (67), ses kinders, drie stiefkinders, tien kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.

Begrafnisreëlings is nog nie getref nie.

Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

Meer oor:  Volksblad  |  Noordhoek  |  Bloemfontein  |  Sterfgeval  |  Tref-En-Trap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.