Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Koerantverkoper op Mandeladag vereer

Op 73-jarige ouderdom staan ’n koerantverkoper van Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte ses dae ’n week in wind en weer om ’n lewe te maak.

Maar op Mandeladag het die ondernemings op die hoek waar hy werk ’n spesiale viering vir hom gehou.

Edgar Adonis (73)Foto: Verskaf

Edgar Adonis is elke dag op sy pos op ’n straathoek in Somerset-Wes – in stormweer én sonskyn. Hy ken sy klante so goed hy weet sommer watter publikasie om deur die voertuig se venster aan te gee.

Die klant sit reeds reg met die geld, soms selfs ’n bietjie meer as die prys van die koerant of tydskrif, en Adonis, ook bekend as oupa of uncle Edgar, haal die eksemplaar van Die Burger, Die Son, The Daily Sun, Huisgenoot of Distrikspos uit en oorhandig dit.

Tussen 06:30 en 12:00 het hy ’n glimlag en groet elke klant vriendelik. Veral op Donderdae is hy baie besig, omdat dit die dag is waarop Distrikspos gepubliseer word.

“Hy staan elke dag hier op die hoek,” sê Leon Diederichs, bestuurder van die kollege vir volhoubare landbou in Somerset-Wes, wat naby dié straathoek geleë is.

“Hy is nie sly nie. Hy het oor die jare heen ’n vaste klantebasis opgehou en almal hier rond ken hom.”

Adonis het al planne uitgedink oor hoe om sy voorraad droog te hou as dit reën. Hy gebruik die plakkate wat vir die lamppale bedoel is om weerskante van ’n pak koerante te sit. As hy een moet uithaal, lig hy net die karton op en haal ’n eksemplaar uit.

Diederichs was onder diegene wat Donderdag ’n byeenkoms gereël het om Adonis te vereer. Hulle het vir hom sy eerste selfoon present gegee, en hy het ook so vyf groot kospakke gekry by mense wat vir hom iets wou skenk.

Kinders van die Pride & Joy-kleuterskool daar naby het vir Adonis gesing.

Adonis het sy geel reënjas aangehad wat hy altyd dra as dit koud is, en ook ’n mus wat sy ore en nek warm hou. Die Son se naam is op die baadjie gedruk.

Adonis kon Vrydag nie op sy nuwe selfoon bereik word nie.

Meer oor:  Mandeladag  |  Bishop Lavis  |  Somerset-Wes  |  Kaapse Vlakte  |  Vereer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.