Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Koevoet-man se lyk dalk gevind

Die polisie het Dinsdag vermoedelik die lyk van die vermiste oud-Koevoetlid Chris Barnard gevind nadat hy byna twee maande gelede verdwyn het.

Barnard
Polisielede op die toneel waar Chris Barnard se oorskot gevind is. Foto Verskaf

Barnard, wat vir ‘n Amerikaanse veiligheidsmaatskappy in Irak werk, het op 1 Desember 2019 na Suid-Afrika teruggekeer vir ‘n vakansie.

Hy het op 5 Desember ‘n vrou, wat hom op Facebook bevriend het, ontmoet. Hy het kort daarna verdwyn.

Luidens bronne het die polisie, wat sedertdien onverpoos na Barnard gesoek het, inligting gekry van ‘n persoon wat iets in die veld naby Wallmansthal, noord van Pretoria, gevind het wat vermoedelik ‘n lyk was.

Die erg ontbinde oorskot was in ‘n blou duvet, soortgelyk aan die een wat uit Barnard se huis vermis is.

“Daar was sekere kenmerke aan die lyk wat sterk aandui dat dit wel Barnard se lyk is, maar ‘n lykskouing, wat tandheelkundige rekords insluit, sal gedoen word,” sê ‘n bron.

Meer oor:  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.