Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kolisi as baanbreker in Afrika erken
Siya Kolisi en sy vrou, Rachel, toe hulle Zwide in Port Elizabeth in April besoek het om kospakkies aan behoeftiges uit te deel. Foto: Facebook/Kolisi-stigting

As kaptein van die seëvierende Springbokspan wat die Wêreldbeker in 2019 in Japan verower het, het Siya Kolisi baie ure op die rugbyveld deurgebring.

Maar die prys wat hy pas ontvang het, is vir sy werk buite die sportveld.

Kolisi is met die African Trailblazer of the Year-prys by die E! People’s Choice Awards vereer vir sy buitengewone werk met die bekendstelling van die Kolisi-stigting vroeër vanjaar.

Die is die eerste keer in die geskiedenis dat die vermaaklikheidskanaal dié kategorie by sy jaarlikse pryse bygevoeg het.

Die Kolisi-stigting is gestig deur Siya en sy vrou Rachel, wat ’n visie deel om minderbevoorregte en kwesbare gemeenskappe in Suid-Afrika en slagoffers van geslagsgeweld te help.

“Die stigting was maande weg van sy amptelike bekendstelling toe die Covid-19-pandemie plaasvind. Hulle het besef dat meer mense as ooit tydens dié tyd hulp benodig, en daarom het hulle besluit om in Maart te begin om uiterste armoede te probeer verlig, minderbevoorregte jeug te help en gelykheid te bevorder,” lui ’n verklaring oor die prys.

Kolisi het in 2018 geskiedenis gemaak toe hy as die nuwe kaptein van die Springbokke gekies is en sodoende die span se eerste swart toetskaptein in die geskiedenis geword het.

“Ek is regtig geëerd. Daar is mense oor die vasteland heen wat sulke ongelooflike werk doen en om as Afrika se baanbreker van die jaar erken te word, maak ’n mens baie nederig. Daar was baie mense wat tydens die inperkingsperiode plaaslike gemeenskappe gehelp het en daarom wil ek die prys aan elkeen toewy. Daar is egter nog baie wat gedoen kan word,” sê Kolisi.

Die glanspryse word van Sondagoggend 02:00 af (15 November) regstreeks uit Santa Monica, Kalifornië uitgesaai op E! (DStv-kanaal 124).

Meer oor:  Siya Kolisi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.