Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kolisi-stigting help gestremde tiener
Rachel en Siya Kolisi.

’n Tienerseun van Heinzpark in Kaapstad wat verlam is nadat hy as kleuter in die kop raakgeskiet is tydens bendegeweld, se lewensgehalte het onlangs baie verbeter danksy die Kolisi-stigting van die Springbokkaptein, Siya Kolisi, en sy vrou, Rachel.

Bryan Diamond (17) was net drie jaar oud toe hy ’n deur ’n koeël in die kop getref is. Hy bring die meeste van sy tyd in die bed deur en word met ’n buis gevoer.

Sy ma, Ronell, sien die afgelope 14 jaar na hom om.

Die voorval het in 2006 gebeur kort ná hulle die Sondagoggend uit die kerk gekom het. Hulle het buite gesit toe bendelede skielik in die straat op mekaar begin skiet. Bryan is gewond en sy ma is twee keer in die rug geskiet. Bryan was ses maande lank in die Rooi Kruis-kinderhospitaal en is toe huis toe gestuur.

“Hy kan mense hoor en sien, maar kan nie praat nie,” sê sy ma in ’n video op die webtuiste Backabuddy.

Volgens sy ma was die laaste 14 jaar regtig moeilik vir die gesin. Bryan se beweeglikheid en lewensgehalte het die afgelope twee maande egter aansienlik verbeter nadat die stigting by sy gesin betrokke geraak het. Talle veranderings is in Bryan se ouerhuis aangebring en hy kan nou meer deel wees van sy gesin se alledaagse lewe.

Bryan Diamond en sy ma, Ronell.

Die video wys onder meer hoe die huis voor die opknappings gelyk het en ook daarna. Kolisi sê met ’n besoek aan die “nuwe” huis: “O my goeiste, ek kan nie eens onthou hoe dit gelyk het nie.”

Die stigting het nou verder saamgespan met Shonaquip, ’n organisasie sonder winsbejag in Kaapstad, wat gespesialiseerde rolstoele en dienste verskaf aan mense in nood, sê Backabuddy in ’n verklaring.

Die stigting het R40 000 geskenk vir ’n spesiale waentjie vir Bryan en ’n veldtog begin ter ondersteuning van Shonaquip Social Enterprise om nog R51 000 in te samel om die koste te dek van ’n toestel vir Bryan wat hom in posisie sal hou in ’n motor en wat die gesin sal help om meer vryelik rond te beweeg. Van die geld sal gebruik word om die koste van sy terapie te dek.

Mense kan BackABuddy of SnapScan besoek vir meer inligting.

 

Meer oor:  Rachel Kolisi  |  Siya Kolisi  |  Gestremd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.