
Tafelberg Foto: Tafelberg Nasionale Park
Kapenaars word Dinsdag uitgenooi om deel te neem aan die internasionale Take a Hike Day deur rommel van Tafelberg af te verwyder.
Wahida Parker, uitvoerende hoof van die Tafelberg-sweefspoormaatskappy (TMACC), sê in ’n verklaring die inisiatief dien as ’n herinnering dat almal ’n rol moet speel in die bewaring en beskerming van die omgewing.
Die opruiming vind van 08:00 tot 13:00 plaas.
Dit begin by die Platteklipravyn-staproete en sal bo-op Tafelberg eindig.
“Almal wat aan die opruiming deelneem, sal ’n gratis kaartjie kry om met die kabelkar na onder te ry. Die laaste kabelkar vertrek om 16:00.”
Sanparke en die Kaapstad-metroraad ondersteun die inisiatief.