Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Komaan, hekel blitsig vir dié rekord

Die spertyd vir jou bydrae tot die wêreldrekordpoging vir die wêreld se langste serp van 27 km is om die draai.

Die liefdadigheidsorganisasie 67 Blankets for Nelson Mandela Day samel serpe in om die rekord vir die wêreld se langste serp te breek.

Rolle winterwarm liefde vir behoeftiges.

Indië hou tans die rekord vir die langste serp ter wêreld op 14 km, het Carolyn Steyn, stigter van 67 Blankets, vroeër gesê.

Enkele gehekelde serpe, wat ’n afstand van 27 km strek wanneer dit saamgevoeg is, word benodig.

Die wêreldrekordpoging sal Sondag 29 Julie plaasvind en die serp sal by die Capture Site-monument van Nelson Mandela in Howick, KwaZulu-Natal, uitgestal word.

Die sperdatum vir diegene wat tans serpe hekel is 25 Junie, sodat dit vir die wêreldrekord aan mekaar gewerk kan word.

“Ons benodig soveel hande moontlik,” sê Steyn.

Aangesien die lang serp ’n poging is om ’n Guinness-wêreldrekord te breek, is daar reëls wat nagekom moet word.

Elke serp moet 20 cm x 150 cm of 20 cm x 200 cm wees. Dit moet gehekel wees en nie gebrei nie, en die grootte van die haak moenie groter as 6,5 mm wees nie.

Die serpe is vir die publiek beskikbaar.

“KnitWits wat reeds serpe gebrei het wat nie by die kriteria van die Guinness-wêreldrekord pas nie, hoef nie bekommerd te wees nie. Dit was nie vergeefs nie, want hierdie serpe sal gebruik word vir ons jaarlikse SSS- (Secret Scarves Shhh) inisiatief,” sê Steyn.

Die #27kmScarf-geleentheid sal om 10:00 begin by die Capture Site-monument van Nelson Mandela op die R103.

Die publiek kan piekniek daar hou, maar daar sal ook kos te koop wees.

Sodra die wêreldrekordpoging van ’n 27 km lange serp behaal is, sal die serpe aan die groepe wat dit gehekel het terugbesorg word.

Die serpe sal dan in openbare ruimtes vertoon word vir die publiek om te neem.

Verlede jaar het die Johannesburgse groepe serpe by Zoo Lake uitgestal en aan verbygangers uitgedeel.

Sommige serpe gaan ook aan liefdadigheid geskenk word.

Meer oor:  Howick  |  Kwazulu-Natal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.