Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Komitee ondersoek veiligheid by staatsgeboue

Die Gautengse regering het ’n komitee aangestel om die veiligheid van alle geboue waarin daar kantore van staatsdepartemente is, te ondersoek.

Dit volg op die verwoestende brand en die dood van drie brandbestryders in Johannesburg vandeesweek.

Die drie helms van die brandbestryders wat dood is toe hulle ’n brand in ’n regeringsgebou in die Johannesburgse middestad probeer blus het, by die Fairview-brandweerstasie. Foto: Simon Sonnekus

Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir infrastruktuurontwikkeling, is die voorsitter van die komitee en departementshoofde dien ook daarin.

Die onmiddellike doel van die komitee is om die veiligheid van staatsgeboue “te stabiliseer” deur al die departemente daarby te betrek.

“Dit sal die huidige praktyk, waar daar geen sentrale koördinering is om toe te sien dat daar voldoende veiligheidspraktyke is nie, vervang,” het die regering in ’n verklaring gesê. Hy het beklemtoon dat veiligheid ’n sleutelverantwoordelikheid van alle departementshoofde is.

Die DA het Vrydag gesê die feit dat die Gautengse regering eers in die tweede kwartaal ’n komitee vir beroepsgesondheid en -veiligheid op die been gebring het, is een van die redes waarom hy nie gereageer het op waarskuwings dat die Bank of Lisbon-gebou gevaarlik is nie.

Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê amptenare het dié inligting Donderdag vir die eerste keer bekend gemaak toe hulle ná die brand voorleggings aan die wetgewer se gesondheidskomitee gelewer het.

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid, het volgens hom versuim om ’n komitee oor beroepsgesondheid en -veiligheid aan te stel. Dit is ’n oortreding van die wet. Die huidige komitee het boonop nog net twee keer vergader en het nie ’n verslag van die departement van infrastruktuurontwikkeling ontvang waarin gesê is die gebou voldoen slegs aan 21% van die veiligheidstandaarde nie.

Die speaker van die wetgewer oorweeg die versoek, maar Ramokgopa en Mamabolo moet eerder nou bedank as om vir die wetgewer te wag om hul ooglopende mislukkings te debatteer.

Volgens Bloom het dit ook op die vergadering aan die lig gekom dat geld in 2017 beskikbaar gestel is om die amptenare van die departement van gesondheid na ’n ander gebou te verskuif, maar die departement van infrastruktuurontwikkeling het die tender om verskeie redes gekanselleer.

Die DA het ’n mosie by die Gautengse wetgewer ingedien dat Ramokgopa en Mamabolo bedank of in die pad gesteek word.

“Die speaker van die wetgewer oorweeg die versoek, maar Ramokgopa en Mamabolo moet eerder nou bedank as om vir die wetgewer te wag om hul ooglopende mislukkings te debatteer,” lui ’n verklaring deur die DA.

Meer oor:  Jack Bloom  |  Jacob Mamabolo  |  Gauteng  |  Brand  |  Veiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.