Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kommer oor boot wat skape na Midde-Ooste moet neem
Die boot Al-Shuwaikh. Foto: Facebook

Die boot wat meer as 60 000 skape uit Oos-Londen se hawe na die Midde-Ooste moet vervoer, is nie geskik om dié hoeveelheid vee te vervoer nie.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het gaan kyk na die Al-Shuwaikh in die hawe waar dit wag op ’n permit om die duisende skape te laai en vervoer.

Die boot behoort aan Al Mawashi, ’n Koeweitse invoerder, en word gebruik om lewende vee te vervoer. Hulle het ’n maatskappy in Suid-Afrika geregistreer en plaaslike uitvoerders gebruik om sowat 60 000 skape vir uitvoerdoeleindes te bekom.

Inspekteurs van die NDBV het Sondag inspeksie gaan probeer doen soos deur die regering vereis word, maar is toegang geweier.

Hulle moes ’n lasbrief kry en het saam met lede van die polisie opgedaag voordat hulle op die skip toegelaat is, luidens ’n verklaring van die NDBV.

Maandag moes hulle weer ’n lasbrief kry toe hulle toegang geweier is by die voerkraal waar die skape aangehou word voordat hulle gelaai word.

Daar was ander diere wat mank is en ooginfeksies het. Dit is ’n aanduiding van hoe diere op die skip sal ly.

“Nadat toegang oplaas met die hulp van die polisie gekry is, het die inspekteurs ’n skaap van kant gemaak omdat dit na bewering ’n gebreekte been gehad het. Daar was ander diere wat mank is en ooginfeksies het.

“Dit is ’n aanduiding van hoe diere op die skip sal ly.”

Kyk die video hier.

Die vereniging het verder gesê daar is rede tot groot kommer oor die welsyn van die diere en moontlike oortredings van die Wet op Dierebeskerming én die minimum standaarde van die internasionale organisasie vir dieregesondheid.

Hoessam Sarhan, kommersiële bedryfshoof van Al Mawashi wat in Dubai gestasioneer is, het in reaksie gesê: “As die NDBV sê dat hulle nie voldoen (aan standaarde) nie, moet hulle sê waarom en op grond van watter standaarde.”

Wat die mank skape betref, het Sarhan gesê die veearts, wat saam op die boot sal wees, sal dié diere by die voerkraal se dierehospitaal behandel.

Die diere wat nie verbeter nie, sal na die plaaslike slagplaas gestuur word.

“Die diere wat nie verbeter nie, sal na die plaaslike slagplaas gestuur word.”

Op die vraag waarom die NDBV aanvanklik toegang tot die vaartuig en voerkraal geweier is, het Sarhan gesê die vereniging lê besoek af terwyl hulle nog op toestemming wag om die diere te laai.

“Hulle (NDBV) moet na die diere kyk terwyl hulle gelaai word en keer dat mank en siek diere gelaai word, maar hulle het na die voerkraal gegaan en aannames gemaak.”

Tog oorweeg die NDBV regstappe nadat daar by twee gevalle ’n lasbrief verontagsaam is.

Die NDBV het benadruk dat hy die vervoer van lewende vee vir slagdoeleindes ten sterkste kritiseer en sê die verantwoordelikheid rus nou op die staat om die “wreedheid” te voorkom.

“As die staat toelaat dat die diere gelaai word, sal dit gedoen word met die wete dat diere onnodig gaan ly.”

Sarhan het intussen gesê hulle is geensins bekommerd oor die druk wat die NDBV tans toepas nie en is vol vertroue dat hulle die permit vir die oplaai van diere sal bekom.

“Ons is meer bekommerd oor die welsyn van diere as die NDBV. Ons standaarde is ver bo wat die regulasies vereis.

“Ons is vol vertroue dat ons die permit sal kry, bloot omdat ons aan al die Suid-Afrikaanse en DAFF (departement landbou, bosbou en seevisserye)-regulasies voldoen.”

Hy is tans onseker oor hoe lank hulle nog op die goedkeuring van die permit sal wag.

Meer oor:  Midde-Ooste  |  Skape  |  Ndbv  |  Boot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.