Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kommer oor kinderveiligheid in eetplekke

Ná die verkragting van ’n sewejarige in die badkamer van ’n Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, verlede naweek, heers daar groot kommer oor die veiligheid van kinders in restaurante wat as “gesinsvriendelik” bestempel word.

Die Spur-restaurantgroep sê op sy webblad hy neem die veiligheid van sy klante en kinders baie ernstig op en voorsien aan al die takke die nodige hulp, operasionele bystand en opleiding om veiligheid te verseker.

“Ons takke ondergaan opleiding . . . om verskeie situasies te hanteer. Play Canyon-areas het Play Canyon-bedieningspersoneel wat gereelde opleiding ondergaan om die veiligheid van elke kind te verseker. Ons takke het ’n voorkomende benadering – personeel hou die situasie in die Play Canyon konstant dop en meld enige verdagte of onreëlmatige gedrag by die bestuur aan,” lui die webblad.

Spur sê hy is reeds ’n ruk besig om nuwe tegnologie te ondersoek om veiligheid verder op te skerp.

Volgens Spur is sy Play Canyons toegerus met sekuriteitskameras en “in sommige gevalle word dit (die beeldmateriaal) regstreeks in die restaurant uitgesaai, sodat ouers ’n oog oor hul spelende kinders kan hou”.

“Hoewel takke elke poging aanwend om die veiligheid van alle kinders te verseker, is dit ook die ouers se verantwoordelikheid om na hul eie kinders om te sien.

“Spur het nog altyd ouers aangeraai om hul kinders na die toilette te vergesel, inteendeel, ons personeel is aangesê om nié kinders na die ruskamers te vergesel nie, dié verantwoordelikheid rus by die ouers.”

Spur sê hy is reeds ’n ruk besig om nuwe tegnologie te ondersoek om veiligheid verder op te skerp.

Cheryl Hunter het namens Ocean Basket gesê navrae oor kinderveiligheid en veiligheid in speelplekke “nie so relevant vir hulle is nie, aangesien hulle min aangewese kinderareas het en dit gewoonlik in ’n hoek van die restaurant geleë is”. Sy het egter benadruk: “Ocean Basket is ’n gesinsrestaurant wat glo in die Mediterreense leefstyl van deel en saameet.”

Die McDonald’s-kitskosrestaurant het op geen navrae gereageer nie, ondanks ’n e-pos en verskeie oproepe.

Meer oor:  Spur  |  Dros  |  Pretoria  |  Silverton  |  Dros-Verkragting  |  Veiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.