Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kommer oor Lise Brink se been ná operasies
Die Brink-gesin.

Lise Brink (42) het in minder as 24 uur twee noodoperasies aan haar linkerbeen ondergaan.

Dokters is bekommerd dat Brink, vrou van dr. Danie Brink (47), uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, dalk akute kompartement-sindroom in haar linkerbeen het. Dit veroorsaak swelling wat bloedsomloop belemmer.

Die Brink-gesin was Vrydagoggend in ’n motorongeluk tussen Brandfort en Theunissen, waarin twee van hul vyf kinders, André (13) en Rachel (8), dood is.

Lise is Maandag omstreeks 23:00 geopereer nadat sy van die Medicilinic Welkom na die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria oorgeplaas is.

Dirk Hermann, Solidariteit se bedryfshoof, sê met Lise se aankoms Maandagaand by die hospitaal het sy ernstige swelling aan haar linkerbeen gehad.

Dokters moes ’n noodoperasie aan haar been doen om die drukking te verlig sodat sy na die Netcare Unitas- hospitaal in Centurion oorgeplaas kon word.

Sy is om middernag na dié hospitaal oorgeplaas.

Lise het Dinsdag omstreeks 18:00 weer ’n noodoperasie ondergaan nadat dokters bekommerd geraak het dat akute kompartement-sindroom in haar linkerbeen ontstaan het.

Die operasie het sowat drie ure geduur, maar hoewel die prosedure suksesvol was, is dokters steeds bekommerd en gaan hulle Woensdag weer na die been kyk, sê Hermann.

Volgens hom waak Danie steeds by sy vrou in die hospitaal.

“Danie is baie moeg maar het ’n innerlike krag wat uit hom straal.”

Danie is baie moeg maar het ’n innerlike krag wat uit hom straal.
Dirk Hermann

Hermann sê almal bly hoopvol en onder omstandighede gaan dit goed met die kinders.

Die Brinks se middelste seun, Johann (9), is Maandag uit die hospitaal ontslaan.

Die egpaar se jongste kind, Daniël (2), is ongedeerd.

Mieke (15), die egpaar se oudste dogter, is lig beseer.

“Die kinders het ’n baie sterk familienetwerk wat hulle ondersteun,” sê Hermann.

Danie het ligte beserings in die ongeluk opgedoen.

Die gesin was Vrydag van Theunissen, waar hulle die vorige aand oornag het, op pad na Kaap St. Francis in die Oos-Kaap toe ’n band van die gesin se Toyota Land Cruiser gebars het.

Meer oor:  Solidariteit  |  Lise Brink  |  Danie Brink  |  Dirk Hermann  |  Ongeluk  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.