Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kommer oor Seemeeupark se grondverskuiwing
Van die huise in Seemeeu Vlug.Foto: Jackie Kruger

’n Proses om dele van die woonbuurt Seemeeupark in Mosselbaai as rampgebied verklaar te kry weens natuurlike grondverskuiwings wat voorkom, is nog aan die gang.

“Dit is moeilik om te sê wanneer ’n besluit verwag kan word,” sê Harry Hill, waarnemende munisipale bestuurder van Mosselbaai.

Altesaam 30 eiendomme is vroeër in ’n hoërisikogebied geïdentifiseer en inwoners het opdrag gekry om die persele te ontruim. Die eiendomme wat ontruim moes word, moet gesloop word. Huise in minstens twee woonkomplekse, Seeumeeuvlug en Tuscan Village, word geraak.

“Die eienaars van die betrokke eiendomme moet ’n slopingspermit by die munisipaliteit kry en tot dusver is nog net twee permitte uitgereik,” sê Hill.

Dit het onlangs op ’n vergadering wat die Mosselbaai-munisipaliteit met die benadeelde huiseienaars en inwoners gehad het aan die lig gekom dat vroeëre wetgewing nie vereis het dat ’n geotegniese verslag opgestel word wanneer grond ontwikkel word nie.

Goedkeuring vir die ontwikkeling van die grond is in 1999 verkry. Van die inwoners het vroeër laat blyk dat hulle regsadvies gaan inwin en bekommerd is oor die koste van die slopings.

Volgens die ingenieursmaatskappy Kantey & Templar, wat in opdrag van die munisipaliteit ’n geotegniese verslag opgestel het, beweeg die huise horisontaal in ’n suidoostelike rigting.

Groot krake kom plek-plek voor. Die grondverskuiwing gebeur vinnig en van die huise het in een maand tussen 80 mm en 125 mm geskuif. Die geotegniese risiko is baie hoog. Infrastruktuur van die Mosselbaai-munisipaliteit is ook beskadig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.