Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Konferensie gehou om beleggers na Eden te lok

Mense wat daarin belang stel om die ekonomiese geleenthede in die Eden-gebied te ontgin, moet solank 7 en 8 Maart op 2018 se kalender omkring.

’n Beleggingskonferensie word op dié datums by Oubaai, naby George, onder die vaandel van die Eden-distriksmunisipaliteit gehou.

Die logo van die Eden-distriksmunisipaliteit. Foto: Verskaf

Die Eden-gebied sluit Bitou (Plettenbergbaai), Knysna, George, Mosselbaai, Hessequa (Riversdal, Witsand, Heidelberg, Albertinia), Kannaland (Ladismith, Calitzdorp) en Oudtshoorn in.

Na verwagting sal verteenwoordigers van die munisipaliteite en die privaatsektor die konferensie bywoon. Die tema van die konferensie is: “Tuinroete-beleggingskonferensie: Skep van geleenthede in tyd van globale onsekerheid.”

Voornemende beleggers sal kan skouers skuur met leiers van verskillende samelewingsfere.

Luidens ’n verklaring van deur die Eden-distriksmunisipaliteit sal dit ’n geleentheid wees om die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee.

Dit sal gedoen word deur onder meer die skep van nuwe sakeondernemings, die uitbreiding van bestaande sakeondernemings, die vestiging van vennootskappe tussen die privaatsektor en die staat, en die skep van werksgeleenthede.

Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap.Foto: Verskaf

Internasionale afvaardigings van Singapoer, China en Swede is ook genooi.

Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap, sê dié organisasie is te gunste van die konferensie.

Hy het benadruk dat alle fasette van die sakegemeenskap betrek moet word.

“Ekonomiese groei is ’n prioriteit vir die streek. Dit moet hard gedryf word. Werk kan slegs geskep word as daar ekonomiese groei is.

“Die sakesektor se taak is om volhoubare werksgeleenthede te skep. Die verskillende regeringsfere moet die klimaat skep waarbinne dit kan plaasvind.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.