Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Konferensie oor kinderveiligheid

Child Welfare Tshwane (voorheen die Pretoriase Kinder- en Gesinssorgvereniging) is 100 jaar oud en as deel van die viering van dié groot mylpaal, bied die organisasie ’n eendagkonferensie aan oor kinderveiligheid en -beskerming.

Die konferensie is gemik op maatskaplike werkers en word op 1 Junie, Internasionale Kinderdag, in die Sanlam-ouditorium op die Universiteit van Pretoria se kampus gehou.

Junie is ook nasionale Jeugmaand en die week waarin 1 Junie val, is Kinderbeskermingsweek.

“Dit is daarom so gepas dat ons praat oor kwessies wat weerlose kinders se ontwikkeling beïnvloed,” sê Hanlie Delport, bemarkingsbestuurder.

Van die temas wat bespreek sal word, is die verhouding tussen ’n kind en sy versorger, die gevaar van sosiale media vir kinders en betrokke ouerskap.

Dit kos R500 per persoon.

  • Vir meer inligting, kontak Caren by 012 460 9236 of pr@childwelfare.co.za.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.