Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Konstabel (27) wat homself skiet se naam bekend

Die polisie in die Vrystaat het Dinsdag die naam van die beampte bekend gemaak wat homself die vorige aand in die mansbadkamer van die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein geskiet het.

Konst. Xolile Dada (27), wat in dié polisiekantoor se aanklagkantoor gewerk het, se lyk is Maandag omstreeks 18:15 deur ’n kollega gevind. Hy het homself met sy dienspistool geskiet.

Volgens kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, was ’n konstabel van die Parkweg-misdaadvoorkomingstaakspan op pad om die badkamer te gebruik toe hy ’n harde slag hoor. Hy het Dada se lyk op die vloer van die badkamer sien lê. Dada het ’n kopwond gehad en sy dienspistool het langs hom op die vloer gelê.

Ons moedig ons lede aan om ons gesondheid- en welstanddienste te gebruik om hulle te help om hul persoonlike en werksdruk te hanteer.

Mbambo sê die konstabel was sowat ’n maand op siekverlof en moes hom op 1 April weer vir diens aanmeld. Hy het hom eers die volgende dag aangemeld, maar het nie die aandskof se parade bygewoon nie.

Sy lyk is kort ná afloop van die parade ontdek.

’n Geregtelike ondersoek na sy dood is begin.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiehoof, het sy meegevoel met Dada se familie, kollegas en vriende betuig.

“Ons moedig ons lede aan om ons gesondheid- en welstanddienste te gebruik om hulle te help om hul persoonlike en werksdruk te hanteer. Dit sluit in om die spanning te verlig wat spruit uit die uitvoering van hul take,” sê Sempe.

Meer oor:  Vrystaat  |  Bloemfontein  |  Konstabel  |  Polisie  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.