Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Konvooie militêre voertuie op pad na Kaapstad

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) sê motoriste en voetgangers moet op die uitkyk wees vir konvooie swaar- militêre voertuie op die N1 suid van Bloemfontein en die N12 suid van Potchefstroom.

Swaar- militêre en ander voertuie is reeds van Woensdag af na Kaapstad op pad vir die voorbereidings vir die Dag van die Gewapende Magte wat op 21 Februarie in Kaapstad gevier word. Die konvooie sal nog tot op dié datum onderweg wees.

Foto ter illustrasie. Foto: Jaco Marais

Een groep van die 10 Lugafweerregiment het Donderdag van Kimberley via die N12 roete tot op Beaufort-Wes gery. Die konvooi van 23 voertuie sal Vrydag na Kaapstad vertrek.

’n Ander groep van die 10 Lugafweerregiment sal na verwagting Maandag om 06:00 uit Kimberley via die N12 ry en om 17:00 in Beaufort-Wes aankom. Die konvooi van 17 voertuie sal Dinsdag om 06:00 na Kaapstad vertrek.

*Korporaal Randal Jacques Krynauw (37) van die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein is Woensdag dood nadat ’n

Ratel ZT3-pantservoertuig tussen Bloemfontein en Edenburg in die Vrystaat omgeslaan het.

Die sowat 14 swaar- militêre voertuie van dié basis se 1 Spesiale Diensbataljon (1SDB) was op pad na die voorbereidings in Kaapstad, het brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die SANW, vroeër gesê.

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.