Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Koperplaat op Leipoldt se graf kry voete

’n Koperplaat op die grafsteen van die Afrikaanse digter C. Louis Leipoldt het voete gekry.

Dié grafsteen, naby Clanwilliam in die Wes-Kaap, is ook ’n nasionale monument.

Clanwilliam Toerisme het Maandag op sy Facebook-blad geskryf die plaat is weg nadat iemand van die toergeselskap Namakwa Toere dit aangemeld het.

C. Louis Leipoldt se graf sonder die koperplaat (links) en met die koperplaat (regs). Foto: Verskaf

Volgens die inskrywing is dié toergeselskap bereid om dit te vervang.

Dit is nie bekend wie die plaat gevat het nie, maar Clanwilliam Toerisme beskou dit as grafskending en die skending van ’n monument en openbare eiendom.

Rika Potgieter, voorsitter van Clanwilliam Toerisme, het Dinsdag by navraag gesê hulle het nog nie ’n klag daaroor by die polisie ingedien nie, en gaan advies inwin oor of dit gaan help om dit enigsins te doen.

“Ons het toestemming gekry van CapeNature, op wie se grond die graf is, om die koperplaat te vervang. Dit sal wees van iets soos marmer of perspeks. Dit is vir ons baie sleg dat iemand die plek so kan skend.”

As iemand die koperplaat gewaar, kan Clanwilliam Toerisme by 027 482 2024 gebel word.

Leipoldt, ook ’n joernalis, koskenner en mediese dokter, is op 12 April 1947 dood en sy graf is in die Pakhuispas in die noordelike Cederberge tussen Clanwilliam en Calvinia.

Meer oor:  C. Louis Leipoldt  |  Clanwilliam  |  Grafsteen  |  Koperplaat  |  Gesteel  |  Monument
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.