Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Koppe moet rol’ ná Enock se verdrinking
Enock Mpianzi

“Koppe moet rol” ná die dood Enock Mpianzi (13) tydens ’n oriënteringskamp vir gr. 8-leerlinge van die Parktown Boys’ High School (PBHS) in Johannesburg, sê Fikile Mbalula, minister van vervoer.

“Enock is dood in die sorg van die skoolowerhede. Dit moet ondersoek word,” het Mbalula Sondag getwiet.

Enock het Woensdag verdrink in die Krokodilrivier by die Nyati-oord buite Brits waar die kamp gehou is. Sy lyk is Vrydagoggend langs die rivier gekry.

Volgens ’n groep bekommerde ouers wat onder die naam “Zoe” hul bekommernisse oor die skool op sosiale media deel, was die toesighouers op die dag van Enock se verdrinking glo ’n entjie van die rivier af toe die leerlinge aan die water-aktiwiteit in die Krokodilrivier deelgeneem het.

“Daar was sowat 15 kinders op die vlot wat deur die sterk strome in die rivier omgegooi is.”

Die kinders het glo ook onmiddellik vir hulle gesê Enock is weg.

 Ouers van die skool beweer dat daar glo emosionele, fisieke en seksuele mishandeling op die kampe gebeur en dat hulle glo al jare by die hoof, Malcolm Williams, pleit dat dit stopgesit word.

Volgens die ouers is daar reeds in 2018 ’n verslag oor hierdie beweerde vergrype aan Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, oorhandig.

 Hy het egter volgens hulle niks daaraan gedoen nie.

 Steve Mabona, Lesufi se woordvoerder, het in antwoord op die ouers se eise vir onmiddellike ingryping by die skool, gesê Lesufi het reeds ’n onafhanklike ondersoek ingestel.

 “Let daarop dat die LUR bevestig het dat ’n onafhanklike ondersoek ingestel is om al die vrae wat gevra is, te beantwoord. Ons wag vir die verslag.”

 News24 berig dat die seuns self vir hul reddingsbaadjies moes betaal.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Sondag die familie van Keamohetswe Shaun Seboko, die 13-jarige leerling van die Laerskool Bekker in Magaliesberg wat verlede week in die skoolswembad verdrink het, in Eldorado Park buite Johannesburg besoek. Foto: Raymond Willemse

 Enock se ouers moes reeds R800 leen om hul kind op die kamp te stuur en kon nie nog ’n reddingsbaadjie bekostig nie.“Ons het gedink hulle gaan in ’n swembad swem en was nie bekommerd nie, want Enock kon swem.

 “Ons het nie geweet hulle gaan in riviere swem nie,” het Enock se ouers aan News24 gesê.

 Navrae oor die beweerde ernstige vergrype deur die jare op die kampe is ook aan Kim van Es, PBHS se woordvoerder, gerig.

 Sy het gesê dat die vrae aan haar gestuur moet word, maar dat sy van die vrae nie kan beantwoord nie omdat dit die ondersoek sal belemmer.

Oor hoekom daar nie ná die water-aktiwiteit register gehou is nie, kon Van Es ook nie kommentaar lewer nie.

Lesufi het Sondagoggend Keamohetswe Shaun Seboko se familie in Eldorado Park in Johannesburg besoek. Die 13-jarige leerling van die Laerskool Bekker in Magaliesberg het verlede week in die skoolswembad verdrink.


Meer oor:  Enock Mpianzi  |  Ondersoek  |  Oriënteringskamp  |  Vlotte  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.