Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid-19 eis kameraman van eNCA in Kaapstad

Die dood Woensdag van ’n kameraman van die televisienuusdiens eNCA in Kaapstad aan die koronavirussiekte het skokgolwe deur die plaaslike mediabedryf gestuur.

eNCA se bestuur sê in ’n mediaverklaring Lungile Tom is Sondagaand met Covid-19-verwante simptome in ’n hospitaal in die stad opgeneem. Dinsdagaand het sy toetsuitslae bevestig dat hy die koronavirussiekte opgedoen het. Hy het Woensdagoggend in die hospitaal gesterf.

Huldeblyke het ná die nuus van sy dood ingestroom.

Lungile Tom

Kollegas van oor die uitsaaiwese heen en van koerante het hom as ’n “sagmoedige reus” beskryf.

Volgens hulle was hy ’n saggeaarde man wat ’n groot persoonlikheid en hart gehad het.

Tom, wat voorheen ’n kameraman by CNBC Africa was, het hom in Desember 2013 by eNCA aangesluit. Sy kollegas by eNCA sê hy was bekend vir sy toegewydheid aan sy werk en sy lewenslustige geaardheid.

“Sy hartlike lag gaan gemis word. Ons gedagtes is met sy vrou, Nandipha, en hul kinders.”

eNCA sê ingevolge die regulasies is die verdieping in die televisiediens se kantore in Kaapstad waar Tom gewerk het, tydelik ontsmet en gesluit.

“Die maatskappy het die departement van arbeid ingelig en daar is begin met die proses om mense op te spoor wat met hom in kontak was. Alle werknemers wat in kontak met Lungile was, is aangeraai om by die huis te bly. Hulle sal getoets word en in isolasie gaan.”

Meer oor:  Enca  |  Lungile Tom  |  Koronavirus  |  Kameraman  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.