Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Korrupsie maak armes seer – Motlanthe

Staatshulpbronne word deur leiers vir persoonlike gewin misbruik en daar is sistemiese korrupsie in die land wat onverskoonbaar is, het oudpres. Kgalema Motlanthe Donderdag op die bekendstelling van Oxfam Suid-Afrika by Constitution Hill in Johannesburg gesê.

“Sistemiese korrupsie en gierigheid maak die armes seer. Dit druis in teen die beginsels van ons demokrasie,” het hy gesê.

Hy het egter ook gesê “ondanks al die probleme in ons land, is daar nog hoop”.

Motlanthe het oor die kwessies in die land onder die tema “Herdink Afrika” gepraat, asook probleme waardeur Afrikaleiers in die gesig gestaar word.

Volgens Motlanthe vergeet Afrikaleiers dat hulle aan die bewind kom danksy die kiesers wat hulle verkies het. Mense in magsposisies moet die hoogste etiese standaarde handhaaf waartoe hulle hulself verbind het, sê Motlanthe.

Volgens hom, as ’n mens na die jongste gebeure by Eskom kyk, wil dit voorkom of staatshulpbronne misbruik word.

“Mense wil geprys word omdat hulle die ligte aanhou. Dit is hul enigste verantwoordelikheid.”

Die kragvoorsiener is in omstredenheid gehul nadat Brian Molefe as Eskom se uitvoerende hoof heraangestel is.

Motlanthe het ook oor die onderwys gepraat. Volgens hom is die land steeds agter weens Bantoeonderwys – “ ’n stelsel wat geskep is om te verseker dat leerlinge nie ekonomies produktief is nie”.

Hy sê daar moet in onderwyskolleges belê word om hiervoor op te maak. Motlanthe sê as dié kwessie nie aangepak word nie, sal die land agterweë bly.

Volgens hom is die land nog diep verdeeld.

Hy sê ook hy kan nie stilbly oor die tekorte in die land se politieke moraliteit nie.

“Die politieke krisis word deur immorele en onregverdige leiers gekenmerk.”

Wat geslagsgeweld betref, sê Motlanthe die moorde op Suid-Afrikaanse vroue is vyf keer meer as in ander lande en het na die moorde op Karabo Mokoena en Courtney Pieters verwys.

Motlanthe het al dié kwessies as ’n “depressiewe beeld van ons land” beskryf. “Ons kan dit nie los vir dié wat ná ons kom nie. Ons moet nou optree en ons moet dit saam doen. Ons soek ’n Suid-Afrika wat rassisme, xenofobie, seksisme en stamgebondenheid uitsluit.”

* Oxfam is ’n internasionale welwillendheidsorganisasie.

Meer oor:  Eskom  |  Brian Molefe  |  Kgalema Motlanthe  |  Constitution Hill  |  Johannesburg  |  Armes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.