Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kort maar kragtig: Small se goue Bok-pad

15 Augustus 1992:  James Terence Small (23) maak sy internasionale buiging in die eerste toets sedert die opheffing van Suid-Afrika se sportisolasie – teen die All Blacks op Ellispark. Ondanks ’n gebrek aan internasionale ervaring beïndruk die Springbokke deur naelskraap met 24-27 te verloor. Die uitslag kon selfs anders gewees het as Small nie in ’n kritieke stadium die bal aangeslaan het met ’n oop doellyn wat wink nie . . .

17 Oktober 1992:  Small druk sy eerste toetsdrie vir die Springbokke teen Frankryk in Lyon. Die sege van 20-15 is die land se eerste toetsoorwinning sedert die hertoelating tot internasionale rugby.

31 Julie 1993:  Small druk twee keer in die inspirerende sege van 19-12 oor die verdedigende Wêreldbeker-kampioen, Australië, in Sydney.

14 Augustus 1993:  ’n Relletjie met die skeidsregter Ed Morrison in Brisbane, Australië, lei daartoe dat Small die eerste Springbok in die geskiedenis word om van die veld gestuur te word in ’n toets. Sy opmerking van “Welgedaan! Welgedaan!” toe Morrison die Bokke straf en 10 treë terugjaag, het hom duur te staan gekom.

24 Junie 1995:  Ongetwyfeld die grootste dag in die lewe van James Small. Dit was die dag toe Small en kie, aangespoor deur oudpres. Nelson Mandela, die reuse-bedreiging van Jonah Lomu die hoof gebied het om die 1995-Wêreldbeker-titel te verower. Die eindtelling in daardie onvergeetlike eindstryd: Suid-Afrika 15, Nieu-Seeland 12 . . .

26 Oktober 1996:  Small is lid van die seëvierende Haai-span wat twee agtereenvolgende Curriebeker-titels wen met ’n indrukwekkende sege van 33-15 oor die Goue Leeus op Ellispark. Die vorige jaar het die Haaie vir WP met 25-17 getroef in die 1995-eindstryd. Small sou in altesame ses Curriebeker-eindstryde speel, twee vir Transvaal, drie vir die Haaie en een vir WP (1997), maar die eerste drie (1991-’92-’93) het in nederlae geëindig.

6 Desember 1997:  Small sluit sy loopbaan van 47 toetse af met nog ’n tweekuns, die sesde van sy loopbaan, in ’n oorwinning van 68-10 oor Skotland op Murrayfield. Daarmee behaal Small ook ’n nuwe Springbok-rekord van 20 drieë.

Meer oor:  James Small  |  Rugbyspeler  |  Sterfgeval  |  Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.