Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Korte mette met rekords

Shane Smit (27) van Garsfontein verbeter een rekord ná die ander.

Shane Smit hoop om later in die maand die 5 000 m vir T36-atlete op die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Stellenbosch te wen en dalk op sy eie Afrika-rekord te verbeter.Foto: MARTHINUS KOEKEMOER

Smit het verlede jaar sy eie Afrika-rekord vir T36-gestremde atlete oor 5 000 m met ’n merkwaardige 2 minute en 33 sekondes verbeter. Hy is ook die Suid-Afrikaanse rekordhouer oor 1 500 m.

Smit se regterbeen is sowat 4 cm langer as sy linkerbeen, wat beteken hy neem langer om ’n tree te gee as iemand wie se bene ewe lank is. Dit affekteer ook sy balans.

Om vir vanjaar se Suid-Afrikaanse kampioenskap te kwalifiseer het Smit in ’n wedloop teen gewone atlete gehardloop en alhoewel hy laaste geëindig het, het hy die ander deelnemers tot aan die einde in sig gehou.

“Ek wil bitter graag in November aan die Wêreldkampioenskap in Dubai gaan deelneem,” sê Smit. “Ek het soos verlede jaar reeds gekwalifiseer om te kan deelneem, maar ek kon nie laas jaar genoeg geld bymekaarskraap om my droom te bewaarheid nie.”

Smit is sedert verlede jaar een van die atletiekafrigters by Pretoria High School for Girls. Die skool se span sal ná sy sukses in vanjaar se interhoërkompetisie van volgende jaar af nie meer in die E-bond deelneem nie, maar wel in die D-bond. Die skool het sy afdeling in die kompetisie gewen.

“Een van die atlete wat ek afrig, het ’n beurs vir atletiek by ’n universiteit in die VSA gekry,” sê Smit.

“Ek dink die skool se atlete het die potensiaal om nog baie te vermag.”

Ek dink die skool se atlete het die potensiaal om nog baie te vermag.

Smit sal later vandeesmaand aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Stellenbosch deelneem. Hy hoop om sy gunsteling-item, die 5 000 m, te wen. Hy meen by seevlak het hy ’n realistiese kans om op sy eie rekord te verbeter.

“Dit gaan goed met my voorbereiding en ek is gereed vir groot dinge,” sê Smit.

Meer oor:  Garsfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.