Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kosfirma skenk miljoene se meel

Die voedselverwerkingsmaatskappy Philafrica Foods het die afgelope week 280 ton geel mieliemeel bewillig vir verspreiding in behoeftige gemeenskappe oor Suid-Afrika heen.

Reeds voor die aanvang van die staat van inperking om die verspreiding te bekamp van Covid-19 het sowat 1,2 miljoen huishoudings net in die Oos-Kaap alleen onder die broodlyn geleef. Intussen het die effek van inperking lae-inkomste gemeenskappe besonder swaar getref.

“Gesinne is honger en gemeenskappe kry baie swaar,” sê Roland Decorvet, uitvoerende bestuurder van Philafrica. “Ons is baie gelukkig om ’n verskil te kan maak in dié situasie.”

Philafrica, wat bestaan uit AFGRI Veevoere, AFGRI Meulens en Nedan Olies en Proteïene, beplan om uiteindelik sowat 2.8 miljoen etes aan 12 000 huishoudings te kan verskaf. Die geel mieliemeel sal met behulp van die humanitêre hulporganisasie Gift of the Givers en ander nieregeringsorganisasies versprei word.

Daar is baie huishoudings wat nog geen voedselhulp vanuit enige oord ontvang het sedert die aanvang van inperking nie.

“Dit is duidelik dat hongersnood nou al rampspoedige afmetings aanneem,” sê Corene Conradie, Oos-Kaapse koördineerder van Gift of the Givers.

“Gewoonlik is die eerste week van die maand redelik stil danksy Sassa-betalings, maar vandeesweek is dit duidelik dat behoeftige gemeenskappe eenvoudig die stryd verloor het. Ons ontvang letterlik alle ure van die dag hulpkrete van oor die hele provinsie.

"Daar is baie huishoudings wat nog geen voedselhulp vanuit enige oord ontvang het sedert die aanvang van inperking nie. Ons is haastig om hulle te kan help en geweldig opgewonde oor die skenking van mieliemeel – ons het dit reeds begin uitdeel aan bitter dankbare gemeenskappe in Aberdeen, Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda,” het Decorvet gesê.

“In die gees van ubuntu is dit ’n voorreg om op ons manier ’n rol te kan speel deur die nasie gevoed, fiks en gesond te kan hou.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Gift Of The Givers  |  Skenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.