Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kospakkies eerder as partytjie op 21ste

“Mammie, los die party, ek wil net saam met my familie wees en die honger mense voer.”

Shumeez Scott het in plaas van ’n groot partytjie vir haar 21ste verjaardag gesê sy wil die mense sonder kos voer. Foto: Elizabeth Sejake

Dit was Shumeez Scott se wens vir haar 21ste verjaardagviering.

Scott is ’n Downsindroom-aktivis en model wat mense in haar gemeenskap wou kos gee eerder as om ’n groot partytjie te hou.

“Die mense sukkel en is honger; ek wil nie partytjies en geskenke hê nie, net om die mense te help.”

Haar ma, Bahia Janodien, het haar wense gerespekteer en gehelp om pakkies op te maak vir mense in die gemeenskap, maar op haar verjaardag wou hulle Shumeez verras.

‘Ek wil nie partytjies hê nie.’

“Hulle het net gesê surprise! toe het my ma iets kleins vir my gehou. Daar was selfs ’n motorfiets en ek het ’n bal en nog ander geskenkies gekry.

“Ons het toe die kospakkies wat ons gemaak het, gaan uitgee vir die gemeenskap,” sê Shumeez.

Wanneer sy nie teruggee aan die gemeenskap nie stap sy op die internasionale loopplank. Sy het verlede jaar vroue van oor die wêreld heen uitgestof toe sy gekroon is as Mej. MWI (Magnificent Woman Icon) Phenomenal International-skoonheidswedstryd.

Ná haar kroning wou sy meer as net ’n model wees en sy het haar organisasie sonder winsbejag, die Shumeez Scott-stigting, begin. Die organisasie help ander Downsindroom-lyers en verstandelik gestremde kinders deur opvoedkundige geleenthede aan te bied, projekte van stapel te stuur en vir die kinders te wys hulle kan bo hul gestremdheid uitstyg.

Dié goeie werk is raakgesien deur haar gemeenskap, wat haar genomineer het vir die Suid-Afrikaanse Kinderprys vir jong mense wat uit hul pad gaan om die wêreld ’n beter plek te maak.

Volgens Brenda Mamputa, koördineerder van die Suid-Afrikaanse Kinderpryse, is honderde kinders genomineer waarvan Shumeez een van 40 finaliste en die enigste gestremde kandidaat was. Sy het gister weggestap met die algehele prys in dié kompetisie.

Meer oor:  Hongersnood  |  Kospakkies  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.