Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kospakkies geskenk in Motherwell

Altesaam 80 behoeftige lede van die gemeenskap in wyk 23 het Saterdag skenkings van kospakkies van die Pakistan Suid-Afrika Vereniging ontvang. Die kospakkies is by die Enqileni Primary School in Motherwell oorhandig.

Van die gemeenskapslede ontvang die kospakkies van die Pakistan Suid-Afrika Vereniging.Foto: SELBY MADIKANE

Arshad Khan, sekretaris van die vereniging, sê hulle is deur Zola Mtunzini, ’n gemeenskapslid van wyk 23, genader om te help met kospakkies vir gesinne wat nie kos het nie.

Khan sê hulle is daartoe verbind om aan gemeenskappe in nood te gee.

“Ons het gesamentlik besluit dat ons iets moet doen om hierdie gemeenskap te help. Ons weet dat Covid-19 vinnig versprei en mense doodmaak. Dit sien nie die kleur van mense raak nie. Hierdie skenking kom van die bietjie wat ons het.”

Mtunzini sê hy is baie bly dat die vereniging hul belofte nagekom het.

“Hierdie kos maak ’n groot verskil vir hierdie gesinne. Ek wil Khan en sy span bedank vir wat hulle vir ons mense gedoen het.”

Makhi Feni, burgemeesterskomiteelid van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het die skenking waardeer.

Siphokazi Be­reng, een van die begunstigdes, het haar opregte dank uitgespreek.

“Ek het niks gehad om my kinders mee te voed nie, maar ek wil die vereniging bedank vir sy ruim skenking wat hy vandag vir ons moontlik gemaak het,” sê Bereng. – Selby Madikane

Meer oor:  Motherwell  |  Kospakkies  |  Armoede  |  Honger  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.