Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Koue en sneeu gaan Kapenaars laat bibber
Die plekke waar sneeu vir Maandag voorspel word.Grafiek: SA Weerdiens
Dinsdag word sneeu vir ’n groot deel van die land voorspel.Grafiek: SA Weerdiens

Die Wes-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap se eerste sneeu vir die winter is Maandag op pad, terwyl die Oos-Kaap, Vrystaat en inwoners van KwaZulu-Natal ook vir sneeu teen Dinsdag kan regmaak.

’n Sterk ontwikkelde kouefront word van Sondagaand oor die suidwestelike dele van die Wes-Kaap met gepaardgaande reënbuie verwag.

Die eerste teken van die kouefront sal ’n stormsterk noordwestelike wind wees wat teen 50 km/h tot 70 km/h sal waai. Rowwe seetoestande word ook verwag met branders van tussen 4,5 m en 6,5 m hoog.

Volgens die nasionale weerkantoor sal dit Maandag bitter koud wees deur die dag en mense wat in die suidwestelike dele van die Wes-Kaap woon, moet hulself staal vir ’n kombinasie van koue, rukwinde van stormsterkte en reën.

Daar word tussen 5 mm en 15 mm reën verwag in laagliggende gebiede en heelwat meer reën, tussen 20 mm en 30 mm, in die berge.

Koue weer is ook Maandag te wagte in Lesotho, die Vrystaat en westelike dele van Noordwes.

Dinsdag word sneeu in die sentrale en noordelike dele van die Oos-Kaap, in Lesotho, QwaQwa en dele van die Drakensberge in KwaZulu-Natal verwag.

Ysige temperature word Dinsdag deur die dag oor groot dele van die binneland, insluitend al drie die Kaapse provinsies, die Vrystaat asook die suidelike dele van KwaZulu-Natal verwag. Selfs die suidelike dele van Gauteng gaan koud en winderig wees.

Die weerkantoor sê hoewel baie mense dalk opgewonde gaan wees om sneeu te gaan kyk, moet hulle die Covid-19-regulasies in gedagte hou en onthou dat daar ’n inperking in die land is.

Dit sal van Woensdag ’n bietjie warmer word in die Wes-Kaap, maar ryp word die oggend oor groot dele van die binneland verwag.

*Kry meer inligting oor die weer by www.weathersa.co.za asook op Twitter by @SAWeatherService.

Meer oor:  Winter  |  Sneeu  |  Kouefront
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.