Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eerste werklik koue weer kom die naweek

’n Kouefront sal na verwagting Vrydag dele van die land tref met ligte sneeu wat vir die Drakensberge voorspel word.

LEES OOK: Die weer in jou streek Vrydag

Foto ter illustrasie.Foto: Getty Images

“Die eerste werklik koue weer van die seisoen word die naweek oor die suidelike, sentrale en oostelike dele van Suid-Afrika verwag. Inwoners van Gauteng, die Vrystaat en Mpumalanga kan maar ook die wolkombers nadertrek,” waarsku Lehlohonolo Thobela, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD).

Volgens Thobela sal temperature Vrydag en Saterdag in die noordelike dele van die land daal met die moontlikheid van reën en donderbuie in Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo.

“Die maksimum temperature vir Johannesburg en die omliggende streke sal Vrydag en Saterdag tussen 18° en 19° wees voordat dit teen Sondag ’n bietjie warmer word. Die kouefront behoort teen Saterdag oor Gauteng in te beweeg.

In Vereeniging sal dit effens kouer wees as in Pretoria. Daar is ook Vrydag ’n 60%-kans op reën in Gauteng en ’n 30%-kans Saterdag,” sê hy.

Wydverspreide reënbuie word ook van Donderdag tot Vrydag oor die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag. Ligte sneeuval is moontlik in die Drakensberg-omgewing van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Meer oor:  Koue Front  |  Drakensberge  |  Sneeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.